Dit was die dwelms wat hom daartoe gedryf het om mense op Facebook te bedrieg, het Cletynn Coetzer die afgelope week huilend gebieg toe Rapport hom bel nadat talle mense gekla het hy het hul geld gesteel.
Mediese fondse moet óf meer wit mediese praktisyns vind wat skuldig is aan bedrog, vermorsing en misbruik óf hulle moet sekere skuldige swart dokters met dié oortredings laat wegkom sodat die syfers verteenwoordigend kan wees van ras in die land.
Twee vermeende brandstofdiewe het ernstige brandwonde opgedoen toe hulle vermeende strooptog uit 'n Transnet-pypleiding in Mpumalanga skeefgeloop het.
Die druk om op topvlak te presteer, het daartoe aanleiding gegee dat die Nederlandse fietsryer Tom Dumoulin tyd weg van fietsry geneem het om oor sy toekoms te besin.
Netflix, Xbox, PlayStation en boeke tel onder die dinge wat die Cape Cobras se spelers in hul bioborrel in Potchefstroom van verveling moet red.
Ná ’n droewige 2020 waartydens hulle minder as ’n handvol sewestoernooie gespeel het, gaan die Blitsbokke uiteindelik terugkeer tot die internasionale speelveld.
Welkom Yizani se aandeelhouers het die plan goedgekeur dat hulle R15,70 per aandeel ontvang, en die bemagtigingskema word dus ontbind.
Elon Musk het ’n $100 miljoen-beloning uitgeloof vir die beste tegnologie om koolstof mee op te vang.
Boere het tot dusver in Januarie gemiddeld sowat 76% meer vir sojabone gekry as ’n jaar gelede.
Binne twee weke in Januarie het die bekende fotograaf, Sharief Jaffer, sy vrou en sy dogter aan Covid-19 verloor. Hy vertel sy hartverskeurende verhaal.
Flip Buys se voorspelling van staatsverval in die Mandela-era was in die kol, gee Max du Preez toe. Ons het Buys gevra om hierop te antwoord.
Die tol wat Covid-19 eis in lewens, die lyding van naasbestaandes en van oorlewendes wat erg siek was, en die oorlewingsangs wat insgelyks veroorsaak word deur ’n verlies van inkomste weens die inperking, breek ’n mens se hart.
Die Mollett-broers se jongste relaas – oor die moord op Anni Dewani – het hulle hul huiswerk deeglik gedoen, maar Johann Kriegler beveel dit slegs aan vir dié soort lesers wat graag by ongelukstonele stilhou vir die bloed.
Johann Lodewyk Marais is ’n fyn gebruiker van die oorwoë woord en die gedigte in sy 11de digbundel, ‘Ondertussen’, dra die tekens van ’n volwasse en beleë digter- skap, skryf Hein Viljoen.
Drie nuwe boeke wys Afrikaanse jeug-niefiksie is aan’t verander – van vaal teksboeke tot prettige, toeganklike en verteenwoordigende leesstof, skryf Magdel Vorster.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Ek was geskok en hartseer toe ek op 4 Januarie hoor Dorah Sitole is oorlede weens Covid-19-komplikasies. Sy was net 67 jaar oud.
2021 hoef gelukkig nie nóg ’n jaar van slegte kapsels te wees nie. Hier is raad om jou hare pragtig te hou – en steeds binne jou begroting te bly. Deur Yolandi North.
Ná die een teleurstelling op die ander én nog die inperking ook het haar vermoë om kunswerke van verfkolletjies te skep Hanna Breedt gered, skryf Antoinette Slabbert.
Bloed is dikker as water, of hoe? Netwerk24 se splinternuwe blitsreeks, Duiwelspoort, stel dié gesegde op die proef. Kyk vanaf 14 September elke weeksdag na 'n nuwe episode van 5 minute op Netwerk24.
Netwerk24 se blitsreeks, Op en Af, is ’n komedie en volg die lewe van drie paartjies wat in dieselfde woonstelblok in Kaapstad woon. Op die oog af lyk almal baie gelukkig, maar agter toe deure klop al drie paartjies by ’n aanlyn huweliksberader aan.
Netwerk24 se eerste blitssepie is ’n storie oor familie. Oor nalatenskap. Oor opbou en afbreek. Dit vertel ’n storie van geheime en leuens. Dit is die storie van hoe die sondes van die vaders hul kinders besoek en stel die vraag of bloed werklik kruip waar dit nie kan loop nie. Kyk nou na die 5 minuut episodes.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.