[Waarskuwing: Die video kan sommige lesers ontstel.] ’n Huisbraak in Edenvale aan die Oos-Rand het Sondag skielik ’n saak van poging tot moord geword toe rowers opmerk ’n 70-jarige buurman oorkant die pad neem hulle met sy selfoon af.
Die polisie is steeds op soek na die rowers wat Johan du Plessis (66) se regteroor gedeeltelik afgesny het tydens ’n hoewe-aanval begin vandeesmaand naby Hartbeespoort in Noordwes.
’n Vermeende huisrower is Saterdagaand doodgeskiet en sy makker gearresteer toe veiligheidswagte op ’n alarm op ’n hoewe in die Bloemspruit-gebied buite Bloemfontein reageer het.
Die Keniaanse langasem Eliud Kipchoge het die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, se hand Sondag in die as geslaan by die BBC se Sportpersoonlikheid van die Jaar-geleentheid.
Die Blitsbok Ruhan Nel het Sondag die eindstryd van die Kaapstad-sewestoernooi misgeloop omdat hy las van ’n handbesering het.
Die insluiting van Rassie van der Dussen en Dwaine Pretorius kan twee van die verrassings wees wanneer die Proteas se toetsgroep Maandag in die Paarl aangewys word.
Strenger maatreëls gaan in die suidelike Atlantiese Oseaan toegepas word om te keer dat tropiese tunabronne uitgeput word.
’n Leser vra dié week of staatseffekte ’n goeie belegging is. Nico van Gijsen gee sy mening.
Ouers moet dié tyd van die jaar besluit of hulle hul kinders se skoolgeld vooruit gaan betaal en of hulle liefs maandeliks wil opdok.
Daar was ’n hele paar hoogtepunte in pres. Cyril Ramaphosa se jaar. Daar was egter ook ’n hele klomp laagtepunte, waarvan Eskom se fase 6-beurtkrag die ergste was, skryf Theuns Eloff.
Ons versaak die kinders in ons land. Een uit elke 31 kinders sal voor hul vyfde verjaardag sterf, meestal aan voorkombare siektes. Elsabé Brits berig oor die 14de “South African Child Gauge 2019” wat pas bekend gestel is.
Verlede jaar hierdie tyd het Kaylee Rough, ’n gr. 12-leerling aan die Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi, ’n groot haaihoei op sosiale media veroorsaak.
Die sangeres Nianell gaan ná vier jaar haar terugkeer tot die verhoog maak nadat sy ’n blaaskans geneem het om onder meer ’n nuwe selfhelpboek, Life Simplified, te skryf.
Met ‘Die dame met die hondjie’ tree William Oosthuizen in gesprek met ’n gedugte lys Tsjekof-kommentators en -interpreteerders. Vir Joan Hambidge was dit ’n wonderlike verrassing.
‘Anderman se vrou’, het die stemming van die beste Skandi-noir, maar troef lesers weer met Chris Karsten se meesterlike wendings en deurmekaarkrap van legkaartstukke, skryf Jonathan Amid.
Die feestyd is om die draai en die groot werk van Kersete maak lê nog voor!
’n Tweede aanlyn blitsreeks kom in Februarie 2020 na Netwerk24.
Kyk nou na Die Testament sonder onderbreking!
Die matriekeksamen is al verby en die matriekafskeidaand al amper vergete. Ons plaas nou die laaste paar foto’s, wat matrieks of hul trotse familie en vriende aan ons gestuur het, om te wys hoe beeldskoon almal gelyk het.
Die matriekeksamen is al verby en die matriekafskeidaande amper vergete. Ons plaas nou die laaste paar foto’s wat matrieks of hul trotse families en vriende aan ons gestuur het om te wys hoe beeldskoon almal gelyk het.
Om ’n swembroek vir die somervakansie te kies, bly vir talle ’n netelige saak. Daniëlla van Heerden vra kenners se raad oor styl, snit en hoeveel om te bestee.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.