’n Voormalige skoolhoof van die Laerskool Fort Beaufort en sy vrou was Sondagoggend verslae toe hulle op hul plaas opdaag en hul huis afgebrand aantref.
Regsverydeling. Dit is die klag wat genl.maj. Mpumelelo Manci, adjunk-polisiekommissaris belas met polisiëring in die Wes-Kaap, die naweek teen drie van sy kollegas aanhangig gemaak het.
Hy was sy ouers se liefdesbaba en vir 15 jaar die enigste kind totdat sy boetie, Reece (nou 15 maande), sy opwagting gemaak het.
Joe Root, die Engelse krieketkaptein, het Saterdag en Sondag in Galle vir langer as agt uur ’n meesterklas aangebied hoe om draaiboulwerk in Sri Lanka te trotseer.
Die onbesonge Cheltenham Town, wat 72 plekke laer as Manchester City in die Engelse sokker-hiërargie is, was Saterdagaand binne nege minute daarvan om een van die grootste skokke in die huidige FA Cup-reeks te lewer.
Pakistan se kaptein, Babar Azam, het voor die eerste toets teen die Proteas gesê hy gaan ’n blaadjie uit Mickey Arthur se boek neem om sy spanmaats ook in hulself te laat glo.
Suid-Afrika gaan nie naastenby die doelwitte haal wat die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) vir 2030 gestel het nie, maar dit beteken nié die doelwitte moet laat vaar word nie.
Jy kan dalk nie ’n paar van die ikoniese Doc Martens-stewels bekostig nie, maar eersdaags sal jy ’n aandeel kan koop in die maatskappy wat hulle vervaardig.
Dis onwaarskynlik dat oudpres. Donald Trump genooi gaan word vir die jaarlikse beraad van die Wêreld- Ekonomiese Forum.
Die ophef wat gemaak word van Kamala Harris se ras en geslag is nie oppervlakkig van aard nie, skryf Heindrich Wyngaard.
Een van my oudredakteurs laat weet ná die soveelste droefnis wat die Covid-19-pandemie meegebring het dat hy tydens die eerste vlaag min mense geken wat aan Covid gesterf het.
Oupa Piet was lewenslank mal oor syfers en veral interessante syferkombinasies.
Kortverhaalliefhebbers soos die uwe het in 2020 veel gehad om oor opgewonde te raak.
Andy en Terry se immer groter wordende boomhuis het nou al 52 vloere!.
Vreesloos is die laaste boek in Christien Neser se gewilde Elle-reeks.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Die pars het Donderdag begin op die Stellenbosse wynplaas Simonsig met die eerste lot pinot noir-druiwe wat beskore is om Kaapse vonkel te word.
As Laingsburgers vroeg op 25 Januarie 1981 kon weet ’n woedende waterdraak was op pad om 70% van hul dorp te verrinneweer, sou minder mense tyd vermors het om ornamentjies op hoër rakke te pak of groentetuine te red.
’n Sakevrou van Bethulie se dood aan kanker het nie haar man en drie dogters gekeer om Sondag ’n vreugdevolle viering van haar lewe te hou nie.
Bloed is dikker as water, of hoe? Netwerk24 se splinternuwe blitsreeks, Duiwelspoort, stel dié gesegde op die proef. Kyk vanaf 14 September elke weeksdag na 'n nuwe episode van 5 minute op Netwerk24.
Netwerk24 se blitsreeks, Op en Af, is ’n komedie en volg die lewe van drie paartjies wat in dieselfde woonstelblok in Kaapstad woon. Op die oog af lyk almal baie gelukkig, maar agter toe deure klop al drie paartjies by ’n aanlyn huweliksberader aan.
Netwerk24 se eerste blitssepie is ’n storie oor familie. Oor nalatenskap. Oor opbou en afbreek. Dit vertel ’n storie van geheime en leuens. Dit is die storie van hoe die sondes van die vaders hul kinders besoek en stel die vraag of bloed werklik kruip waar dit nie kan loop nie. Kyk nou na die 5 minuut episodes.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.