Vyf mense is in hegtenis geneem omdat hulle glo onwettig byeengekom het en een vir die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar.
Nog twee mans wat met ’n berugte kapingsbende verbind word, is die week deur die Valke, die eenheid vir georganiseerde misdaad en die honde-eenheid in Gauteng in hegtenis geneem.
’n Ma van twee jong kinders wat beweerde bedrog van R1,6 miljoen gepleeg het by 'n huiseienaarsvereniging in Hoedspruit in Limpopo, is deur die Valke in hegtenis geneem.
Om die sprong van skolerugby na senior provinsiale rugby te maak, is in sommige gevalle ’n grondpad met ’n paar slaggate – iets waarvan die Pumas se Giovan Snyman eerstehands kan getuig.
Rafa Nadal het hom weens ’n rugbesering aan die Rotterdam-ope onttrek.
Die gholflegende Annika Sorenstam het haar eerste ronde in ’n beroepstoernooi in 13 jaar met drie houe oor baansyfer voltooi.
2021 se derde maand bring ook die derde groot styging in brandstofpryse. Dis dus ’n goeie plan om die naweek jou motor se tenk vol te maak.
Daar staan nog nie ’n Te Koop-bordjie op die plaveisel voor David Jones se hoofkantoor in Australië nie.
Tito Mboweni, minister van finansies, se plan om besteding te verminder, is nie net dapper nie, dis so ambisieus dat kenners twyfel of dit haalbaar is.
Daar is iets omtrent Mars wat hom bang maak, skryf Koos Kombuis. Want as hy lank genoeg in Suid-Afrika bly, is daar ’n goeie kans dat die rooi planeet hiernatoe sal kom.
Alles in sy roman oor sy pa wat “probeer het om my ma se kop met ’n metaalpyp te verbrysel, en toe weer en weer en weer probeer het om haar keel met ’n stuk gebreekte glas af te sny”, is waar, sê Pieter Paul Fourie aan Murray La Vita.
’n Vriend wil weet of ek dink die naamsveranderinge in die Oos-Kaap gaan die ANC help om die munisipale verkiesing in die streek te wen. Ek dink dit is onwaarskynlik.
Die Italiaanse komponis Muzio Clementi bly vernuwend en geldig eeue ná sy dood, al het Mozart hom destyds verpes. Paul Boekkooi het na die jongste opname van sy komposisies geluister.
Die sanger Elandré het sy stiltetyd gebruik om ’n denkbeeldige rugsak – ’n “spreekwoordelike bêreplek vir die klippe wat jy op jou lewenspad vind” – uit te pak.
Ná die vroue se eerste aand op die boere se plase het twyfel en jaloesie begin kop uitsteek en die vroue het in Donderdagaand se episode van Boer soek ’n vrou bespiegel dat die boere reeds hul keuses gemaak het.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Wanneer hy op die sportveld uitdraf, kyk mense twee keer om seker te maak dat dié kranige rugby-, krieket- én hokkiespeler dit werklik met ’n prostese regkry.
Toe hy in 1971 begin het om Die Burger af te lewer, het hy nie gedink hy sal dit 50 jaar later steeds doen nie.
Carin du Plooy (62) van Durbanville se man van 44 jaar sê sy lyk soos ’n jong pêrel nadat sy ’n splinternuwe voorkoms op die TV-program Mooimaak met Clare Wiese-Wentzel op kykNET gekry het.
‘n Eenvoudige celebrity-belofte maak skuld...
Twee oud-skoolpêlle vang op en vergelyk notas oor hulle dames . . . soveel het verander!
Ben & Bez, 'n sketskomediereeks wat "net so 'n bietjie meer 'insane' as die werklikheid is", is van 2 Februarie op Netwerk24 te sien.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.