’n Vuurwapen wat gekry is op die plek waar ’n polisiebeampte in Port Elizabeth doodgeskiet is, was die sleutel tot die inhegtenisneming van die enigste oorlewende verdagte in die saak.
’n Uber-bestuurder is die vyfde verdagte wat in hegtenis geneem is ná ’n rooftog Donderdag by die Edenvale High School aan die Oos-Rand.
’n Laerskoolseun is helder oordag in Welkom gegryp en in ’n swart Kia-paneelwa gegooi toe hy gaan draf het. Sy mond is toegeplak en hy is geblinddoek. Hy is ook verskeie kere teen die kop geklap.
Ryan Fox, ’n Nieu-Seelandse gholfspeler, sê hy het Donderdag – laat in die eerste ronde van die WGC-Mexiko-kampioenskap – dronk gevoel ná ’n wilde gejaag halfpad om die wêreld.
Die voormalige Westelike Provinsie-grootbaas Thelo Wakefield is terug in rugby nadat die Luiperds Rugbyunie (LRU) hom as ’n direkteur van sy sakevleuel aangestel het.
Volg hier TeamTalk se regstreekse kommentaar van die tweede toets tussen Suid-Afrika en Sri Lanka in Port Elizabeth.
Met net ’n enkele week oor voordat brandstofpryse vir Maart bepaal word, begin ’n styging van baie naby aan R1 per liter in die dieselprys dreig.
FNB is op die spoor van skelms wat in Desember en Januarie onwettig deur middel van debietorders geld uit sy kliënte se bankrekeninge onttrek het.
Daar is 35 dae oor voor Brexit, en met geen aanduiding dat dit gaan gebeur sonder ’n ooreenkoms met die Europese Unie (EU) nie, neem Britse boere nou drastiese stappe om voor te berei.
Brett Murray, die kunstenaar wat die ANC op hol gehad het met sy The Spear-kunswerk van ’n ontblote Jacob Zuma, besin in sy jongste tentoonstelling onder meer oor hoe wit mense hul herkoms en wie hulle is, wegsteek, skryf Murray La Vita.
Suid-Afrika se revolusionêres het hulself in die voet geskiet. Want rykdom kan nie herverdeel word as daar nie meer rykdom is om te verdeel nie, skryf Koos Kombuis.
Mense wat dink Wolfgat in Paternoster is die beste restaurant in die wêreld gaan redelik groot skrik as hulle sien dit is ’n redelike informele restaurant wat met duinekool en bokkoms kook, sê Kobus van der Merwe aan Murray La Vita.
Daar is groot bedrywigheid rondom die swierige Dolby-teater in Los Angeles, Kalifornië, met die voorbereiding vir Sondagaand se Oscars.
Die Kaapstad Opera, wat sangers soos Pretty Yende, Levy Sekgapane, Sunnyboy Dladla, Golda Schultz en Lukhanyo Moyake op hul pad na internasionale roem gestuur het, het die vyfde agtereenvolgende jaar geen befondsing van die Nasionale Kunsteraad (NAC)
’n Kind leer haar liefde vir taal en musiek by haar ouers. ’n Ouer geniet taal en musiek deur die oë en ore van sy kind. Kom geniet vanjaar se kinderteater-aanbod – vir oud en jonk – by die US Woordfees.
Voel jy soms oorweldig deur die lewe en alles wat van jou verwag word?
Die dagtaak van ’n plattelandse land-dros is 'n delikate balans tussen ’n knippie regs-geleerdheid, ’n tikkie ouderwetse logika en ’n groot skeut menslikheid, skryf Julienne du Toit. Foto’s deur Chris Marais.
Daar is min koffiewinkels wat hulle daarop kan roem dat hulle al 23 jaar lank deur dieselfde familie bedryf word, al het hy reeds drie keer van hande verwissel.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.