Twee Wes-Kaapse polisielede is koelbloedig doodgeskiet toe hulle Sondag in die vroeë oggendure in hul polisievoertuig in Bloekombos, Kraaifontein, met roetinepatrolliewerk besig was.
’n Rower (33) is Sondagoggend in hegtenis geneem ná ’n rooftog en skietery by ’n kruidenierswarewinkel in Kuilsrivier, ’n noordelike voorstad van Kaapstad.
Veediewe het sy veewagter oorrompel en vasgebind en sy lewende beeste se hakskene en ore is al by ’n vorige veediefstal afgesny, maar nou word hý aangekla en die polisie, wat die diewe glo help, vat sý wapens, sê ’n Oos-Vrystaatse boer.
Luister ’n mens na Hawies Fourie, die Cheetahs se afrigter, sou jy dink dat sy span Saterdag se voorbereidingswedstryd teen die Stormers in die Kaapstad-stadion verloor het.
Daar was tye wat die Bulle gedreig het om Peter de Villiers se terugkeer tot Suid-Afrikaanse rugby met ’n ongewenste honderdtal te bederf.
Die BBC se onderhoudvoerder Sonja McLaughlan het soveel negatiewe reaksie ontlok ná die wedstryd tussen Wallis en Engeland dat sy in trane was.
Die nasionale tesourie het Vrydag die beloofde konsepwysigings aan regulasie 28 van die pensioenfondswet gepubliseer.
Nuwe bedrog van R2 miljard word by Eskom ondersoek wat na bewering tot soveel as 40 skynmaatskappye en drie Eskom-amptenare betrek.
’n “Miljoen klein verkeerde besluite” het die staat se eens trotse wapenvervaardiger só afgetakel dat een werknemer al uit sy eie sak betaal het om sy werk te kan doen, selfs al baklei hy en die res van ’n Gideonsbende om kop bo water te hou.
Hulle sê as die nag op sy donkerste is, is die daeraad op sy naaste.
By ’n stopstraat in Koster het Carel van Heerden haar gesien. ’n Ou dame in haar 80’s in ’n blou rok met wit kolle en ’n groot breërandhoed. Sukkelend het sy ’n kruiwa bult-op gestoot na die waterwerke toe.
Daar is ’n pragtige toneel in Athol Fugard se toneelstuk Sorrows and Rejoicings oor die gevoelswaarde van name.
Prins Philip, 99-jarige eggenoot van koningin Elizabeth, het Sondagaand sy 13de aand in die hospitaal deurgebring.
SA figureer sterk in Amerikaanse komedie
Werke van die komponiste Monteverdi, Humperdinck, Britten, Puccini en ’n Suid-Afrikaanse opdragwerk gekomponeer deur Sibusiso Njeza.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Ek kyk vandag na lewende annuïteite en trusts. Ek meen hier is ’n hele klomp slaggate wat die voorstanders van lewende annuïteite wat deur trusts gehou word, nie mooi deurdink het nie.
In reënseisoen verdwyn die uitsig oor Darjeerling se teeplantasies in die mis, maar die tee bly eersteklas, skryf Este Oosthuizen.
Drie eienskappe wat moderne Audi’s van hul teenstanders onderskei, is uitstaande vlakke van bougehalte, verfyning en kajuittegnologie en -aanbieding. Egmont Sippel het die nuutste weergawes van die A4 en A6 einde laasjaar bestuur.
‘n Eenvoudige celebrity-belofte maak skuld...
Twee oud-skoolpêlle vang op en vergelyk notas oor hulle dames . . . soveel het verander!
Ben & Bez, 'n sketskomediereeks wat "net so 'n bietjie meer 'insane' as die werklikheid is", is van 2 Februarie op Netwerk24 te sien.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.