’n Polisiebeampte van die speurtak in Odendaalsrus verskyn Vrydag in die plaaslike landdroshof op ’n aanklag van korrupsie nadat hy glo die saak teen ’n beskuldigde wat onder die invloed van drank bestuur het, laat “verdwyn het”.
’n Week nadat ’n ma en haar baba van Mokopane in Limpopo vermoor is, is die polisie steeds op soek na die moordenaar(s).
’n Man is in Parklands, Kaapstad, in hegtenis geneem nadat dwelms ter waarde van meer as R1 miljoen by sy huis gekry is.
Ben Stokes, Jofra Archer en Rory Burns is terug in Engeland se krieketgroep vir die eerste twee toetse in die komende toetsreeks van vier teen Indië.
Sean Everitt was Donderdag lugtig om dit te erken, maar om ’n WP-span sonder Steven Kitshoff in sy geledere aan te pak, is ’n veel makliker vooruitsig as wanneer dié Bok-loskopstut wel in die nr. 1-trui uitdraf.
Met die huidige toestande op Senwespark wat drasties verskil van dié wat tradisioneel in Potchefstroom aangetref word, gaan die Lions hul spel voor hul eerste wedstryd in die plaaslike eendag-krieketreeks noodgedwonge moet aanpas.
In die lig van lae inflasie en die brose ekonomie kon die Reserwebank gerus maar die rentekoers verlaag het, meen sommige ekonome.
Gold Fields se nuwe uitvoerende hoof, Chris Griffith, sal op 1 April die leisels by Nick Holland oorneem.
Die alkoholbedryf het ’n wesenlike effek op verskeie sektore – van restaurante en kleinhandelaars tot glasvervaardigers soos Consol.
Hy vind die kritiek oor die vervelige spel in die Curriebeker-reeks vreemd, want Suid-Afrikaanse rugbyspanne was nog nooit juis bekend vir avontuurlike hardlooprugby nie, skryf Pieter Labuschagne.
Louis Botha het reeds as ’n jong boer by die politiek betrokke geraak. Hy was nie ten gunste van die dominerende Paul Kruger se konserwatiewe beleid nie en het die Transvaalse president op ’n keer trompop in ’n volksraadvergadering aangevat, skryf Ri
Die wêreld moet opnuut waak teen fascisme omdat dit ’n leë ideologie is wat met enige inhoud gevul kan word en daarom soos ’n veldbrand deur die wêreld kan versprei, skryf Christi van der Westhuizen.
Lady Gaga en Jennifer Lopez het Woensdag glans en net die regte musikale ondertone verskaf vir Joe Biden se inhuldiging as die 46ste president van Amerika.
Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, het Donderdag ’n verskoning uitgereik vir ’n “aanstootlike” twiet nadat kunstenaars ’n petisie begin het waarin hulle vra dat hy voor 31 Januarie moet bedank.
Was dit nie vir Covid-19 nie, sou die opneem van uitvoerings in die vermaakbedryf nie posgevat het nie en sou die galavertoning van die Suid-Afrikaanse Internasionale Balletkompetisie (SAIBK) in Julie verlede jaar nie weer uitgesaai kon word nie.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Die Covid-19-pandemie het bewys dat mense op geleende tyd is en nie so in beheer is as wat hulle wil glo nie.
Hierdie heerlike pret-pakkie bevat elke dag se blokkiesraaisels, sudoku's en oplossings in Die Burger, Beeld en Volksblad. Elke Sondag word Rapport se pretbladsye bygevoeg. Druk uit en geniet!
Jannewarie het skaars afgeskop of Knormoer sien die motorbedryf is in rep en roer.
Bloed is dikker as water, of hoe? Netwerk24 se splinternuwe blitsreeks, Duiwelspoort, stel dié gesegde op die proef. Kyk vanaf 14 September elke weeksdag na 'n nuwe episode van 5 minute op Netwerk24.
Netwerk24 se blitsreeks, Op en Af, is ’n komedie en volg die lewe van drie paartjies wat in dieselfde woonstelblok in Kaapstad woon. Op die oog af lyk almal baie gelukkig, maar agter toe deure klop al drie paartjies by ’n aanlyn huweliksberader aan.
Netwerk24 se eerste blitssepie is ’n storie oor familie. Oor nalatenskap. Oor opbou en afbreek. Dit vertel ’n storie van geheime en leuens. Dit is die storie van hoe die sondes van die vaders hul kinders besoek en stel die vraag of bloed werklik kruip waar dit nie kan loop nie. Kyk nou na die 5 minuut episodes.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.