’n Kitskoswinkeleienaar in Plettenbergbaai is in hegtenis geneem nadat die polisie onder meer tik en Mandraxtablette gekry het wat in ’n vullisdrom op die perseel versteek is.
Die polisie in Lichtenburg werp alles in die stryd om die borsbeeld van die boeregeneraal Koos de la Rey te vind nadat dit die naweek van sy graf in dié dorp gesteel is.
’n Vermeende rower is Woensdagmiddag dood en drie ander gewond in ’n skietery op die M1-snelweg naby die Woodmead-afrit in Sandton.
Nathi Mthethwa, Suid-Afrika se minister van sport, het Dinsdag ’n brief aan die Internasionale Krieketraad (IKR) geskryf om dié beheerliggaam op hoogte van sy betrokkenheid by Krieket Suid-Afrika (KSA) te hou.
Suid-Afrika se mansokkerspan is in dieselfde groep as die gasheerland vir vanjaar se Olimpiese toernooi in Tokio geloot.
Die Blitsbokke se voorbereiding vir die Olimpiese Spele het ’n reuse-hupstoot gekry met Ruhan Nel wat hom Donderdag by hulle sal aansluit.
Die druk op huishoudings het meegebring dat skole nie vanjaar hul skoolgeld skerp verhoog het nie.
Terwyl pres. Cyril Ramaphosa R100 miljard se belegging oor die volgende dekade aan die Durbanse hawe belowe het, is Kaapstad bang dat die hawe in die skadu van Tafelberg aan die agterspeen gaan suig.
Pick n Pay het Woensdag basies oorlog teen sy mededingers verklaar oor die verkoop van kos en kruideniersware aan armer Suid-Afrikaners.
Daar behoort ook ’n minimum vonnis vir brandstigting te wees, skryf Gustaf Pienaar. En dit moet séérmaak, sodat Suid-Afrikaners ’n heilige respek vir vuur kan begin ontwikkel.
Wanneer sogenaamde “vriende met voordele” ter sprake kom, moet jy maar die fynskrif behoorlik gaan lees, skryf Erla-Mari Diedericks.
Afrikanernasionaliste het dit nog altyd gehad teen die “andersheid” van genls. Louis Botha en Jan Smuts.
Sibongile Mngoma het op 3 Maart by die NKR se kantoor in Newtown ingestap – en dit uit protes teen die wanbestuur van noodfinansiering vir kunstenaars nie weer verlaat nie.
'Dit was ’n moeilike boek om te skryf omdat ek geweldig baie navorsing moes doen oor wetenskaplike feite van die toekoms.'
Noudat sy weer as aanbieder van die SABC 2-leefstylprogram 'Pasella' te sien is, het die aktrise Vicky Davis haar 'backstage pass to life' terug.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
’n Skrywer, ’n gewese wêreldkampioen-skopbokser, ’n oorlognabootser wat homself ’n swart Boer noem, en 'n perdefluisteraar reis met ’n perdekar terug in die geskiedenis.
Raubie Brink word nie net Donderdag ’n hele 100 jaar oud nie, hy is ook die oudste alumnus van die Hoër Jongenskool Paarl.
Tydens ’n besoek aan Worcester het Errieda du Toit weer die lekkerte van ouskool-geregte beleef.
Dis baie meer as net 'n liefdesverklaring toe familiegeheime om die etenstafel ontbloot word in die 12de episode van Ben & Bez.
Skote petoors! 'n Mens sou sweer dis veldskool in die 11de episode van die sketskomediereeks Ben & Bez!
Lekker. Dié woord duik telkens op wanneer Elani Dekker verwys na die episode van 'Ben & Bez' wat sy saam met Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout geskiet het.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.