Meer as 7 000 mense is van 29 Desember tot 25 Januarie in KwaZulu-Natal weens oortredings van inperkingsmaatreëls in hegtenis geneem.
Wat gaan deur ’n mens se kop as ’n vuurwapen op jou gerig word?
Al is ’n hengelaar ses keer met sy eie vismes op die rotse langs die see in Port Elizabeth gesteek, sal hy vir nog jare daarheen terugkeer om ’n lyntjie nat te maak.
'Almal raak soms die pad byster en ek dink hy moet homself net ’n bietjie inhou.'
Die koronavirus slaan steeds sy kloue in by die Spaanse sokkerreus Real Madrid.
Die Protea-kolwer Christiaan Jonker se skuif na die Boland het baie te make met sy planne vir die dag wanneer hy sy wilgerlat gaan wegpak.
Die beleërde toerismebedryf het nou ’n nuwe fonds waarvandaan finansiering sal kom om die sektor weer op dreef te kry, maar die fonds is net beskikbaar vir ondernemings in swart besit.
Ivan Meyer, LUR vir landbou in die Wes-Kaap, het Dinsdag ’n beroep gedoen op die nasionale regering om die vlak 3-inperkings te begin verslap.
Die feit dat krag per eenheid duurder kos hoe meer jy gebruik, is dalk binnekort iets van die verlede.
Die situasies in hul sketskomediereeks Ben & Bez gaan vir kykers herkenbaar wees, maar dit gaan net so ’n bietjie “maller” wees as die werklikheid, sê Schalk Bezuidenhout en Bennie Fourie aan Murray La Vita.
Ek dink nie dit was nodig dat Max du Preez, uitgewer van vryeweekblad.com, teenoor Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit-beweging, “bieg” omdat hy skepties was oor hul idees oor “selfversorgendheid en die nodigheid om mense daarvoor te mobiliseer waar die staat misluk nie”.
Met die volle erkenning van pres. Cyril Ramaphosa se voortgesette verbintenis tot konstruktiewe beleidsmaatreëls in reaksie op Covid-19, wil ek die president se aandag vestig op die verwoestende impak wat die virus sover gehad het op die kwesbaarste gemeenskappe van Suid-Afrika – die jeug en persone met gestremdhede.
VIA (DStv-kanaal 147) vermaak kykers dié week weer met vars, interessante en avontuurlustige inhoud.
Nas Hoosen (32), ’n draaiboekskrywer, illustreerder en kopieskrywer van Johannesburg, is Maandagaand in die Netcare Milpark-hospitaal in die stad aan Covid-19 oorlede.
Netwerk24-intekenare kan in Februarie na die bekroonde misdaadskrywer Irma Venter se vierde boek uit die bekende S-boekreeks luister. Skarlaken is Netwerk24 se luisterboek vir Februarie.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Gepantser teen die koue is vyf matrieks slaggereed om saam met die avonturier Riaan Manser op ’n Russiese vliegtuig na Antarktika te vertrek.
Die jaarlikse Wynoesherdenking wat die jaar se oes seën en die wynbedryf se lang bestaan vier, gaan vanjaar aanlyn plaasvind te midde van Covid-19.
Wat jy benodig.
Bloed is dikker as water, of hoe? Netwerk24 se splinternuwe blitsreeks, Duiwelspoort, stel dié gesegde op die proef. Kyk vanaf 14 September elke weeksdag na 'n nuwe episode van 5 minute op Netwerk24.
Netwerk24 se blitsreeks, Op en Af, is ’n komedie en volg die lewe van drie paartjies wat in dieselfde woonstelblok in Kaapstad woon. Op die oog af lyk almal baie gelukkig, maar agter toe deure klop al drie paartjies by ’n aanlyn huweliksberader aan.
Netwerk24 se eerste blitssepie is ’n storie oor familie. Oor nalatenskap. Oor opbou en afbreek. Dit vertel ’n storie van geheime en leuens. Dit is die storie van hoe die sondes van die vaders hul kinders besoek en stel die vraag of bloed werklik kruip waar dit nie kan loop nie. Kyk nou na die 5 minuut episodes.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.