Die openbare swembad in Manenberg, Kaapstad, is gesluit nadat menseredders Saterdagmiddag daar aangeval is.
Die polisie se ondersoekeenheid het Saterdagoggend douvoordag bontgestaan met die doel om etlike oortreders van ernstige en gewelddadige misdaad in Nyanga in Kaapstad vas te trek.
Die polisie het Vrydagaand beslag gelê op dwelms ter waarde van duisende rande in ’n huis in Mitchells Plain, Kaapstad.
’n Driekuns aan drieë deur hul oopkantflank, Marnus Schoeman, het die Leeus Saterdagaand in Buenos Aires gehelp om hul Superrugby-veldtog op ’n wennoot af te skop.
Mense sal hul eie menings hê, maar dit was nie vou onder druk nie. Dit was ook nie weens enige foute aan hul kant soos om vangskote te verbrou nie. Dit was pleinweg eerder deur die toedoen van ’n bomenslike poging met die kolf.
Die Bulle het gister hul Superrugby-veldtog onder hul nuwe afrigter, Pote Human, met ’n trompetgeskal op Loftus Versfeld aangekondig toe hulle die Stormers in ’n oortuigende sege van 40-3 (rustyd 28-3) ore aangesit het.
Die regering wil ’n staatsbeheerde farmaseutiese maatskappy begin as deel van ’n plan om die gesondheidsektor reg te ruk.
Ná jare van dalende bywoningsyfers, reken rolprentteaters hulle het dalk ’n keerpunt bereik.
Die regering se belastinginkomste kan vanjaar tot R37 miljard minder wees as die teiken wat die tesourie verlede jaar gestel het.
Ons hou nog die ligte aan, tot... sê David Sipunzi, hoofsekretaris van die National Union of Mineworkers ná ’n week van spiere bult en beurtkrag.
Betaaltelevisie was die fondament waarop die grootste maatskappye in die land gebou is, skryf David Meades.
Ons is geregtig op antwoorde oor watter politici klippe in die pad na geregtigheid gerol het, skryf Mondli Makhanya.
Die kwessies en temas in Maretha Maartens se nuwe Bybelroman oor die kinderlose Sara en Abraham voel bekend, maar bly aangrypend, skryf J.B. Roux.
Al sterf die nimfagtige, nimfomaniese skrywer Anna Neethling reeds op die eerste bladsy van Carina Diedericks-Hugo se elegante misdaad-debuut, ‘Karaktermoord’, kan geen van die ander karakters die verwoestende nadraai van haar lewe vryspring nie, skryf Deborah Steinmair.
Lees die volledige vierde hoofstuk van Carina Diedericks-Hugo se eerste roman vir volwassenes, ‘Karaktermoord’, wat pas by Penguin verskyn het.
Dit was ’n lang, donker week en dit lyk of beurtkrag nog lank met ons gaan wees. Hier’s 3 maklike, vinnige, elektrisiteitsvrye resepte.
Sit jou emosies opsy en maak deeglike besluite oor jou finansies voor en wanneer jy skei. Dis hierdie besluite wat ná afloop van ’n egskeiding die grootste invloed op jou lewe gaan hê, skryf Christel du Toit in haar boek Divorce Smart: The Girl’s Guide to Divorcing Well.
Marzahn Botha het haar kamera uitgehaal en temperature van onder vriespunt in Central Park trotseer
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.