Die hoof van Kaapstad se brandweer het die “sinlose en ongevraagde aanval deur onredelike en barbaarse gemeenskapslede” op die brandweerstasie in Gugulethu veroordeel nadat dit met petrolbomme bestook is.
Fanie Viljoen, skrywer van jeugverhale, se ware verhaal oor diefstal by ’n gimnasium in Bloemfontein het vandeesweek ’n nuwe hoofstuk bygekry.
Die polisie en lede van die wetstoepassingsowerhede in Kaapstad moes Vrydag meer as 1 000 leerlinge – wat hul Valentynsdagvieringe in Claremont voortgesit het – uitmekaar dryf.
Die immer onstuitbare Andy Birkett het Saterdag die negende Dusi-kroon van sy lang loopbaan verower – maar sy donder is deur die skoner geslag gesteel.
Die plaaslike eendagkrieketwedstryd tussen die Lions en Knights Saterdag op die Wanderers in Johannesburg is weens deurdringende reën afgelas sonder dat ’n bal geboul is.
Hoewel die boulers nie die uitklophou aan die einde kon plant nie, het kenners ook fout gevind met die Proteas se kolfwerk nadat Sri Lanka hulle Saterdag met ’n skitterende eindpoging op Kingsmead verras het.
Dekking teen gevreesde siektes is een van die gebiede van finansiële beplanning wat dikwels agterweë bly wanneer mense oor hul versekering dink.
In sy eenvoudigste vorm hang spaar vir aftrede van drie faktore af: tyd, bydraes en opbrengs.
As jou krag Saterdag af is, is dit nié weens beurtkrag nie, sê Eskom.
Pres. Cyril Ramaphosa het ’n “nuwe” SAPD-gemeenskapspolisiëringstrategie aangekondig, maar dit blyk asof dié strategie nie nuut is nie en nie meer doeltreffend gaan wees as vorige pogings nie, skryf Guy Lamb.
’n Bergskilpad wat 20 minute lank reënwater drink, daarna sy kop in die waterplas hou; ’n enkele blommende granaatbos binne ’n kaalgestroopte skaapkamp; buie wat streep-streep val en verligting maar geen wonderkuur vir die rampgebied bring nie. Dís tonele wat Sarie Marais-Nell laas week rondom Beaufort-Wes aangetref het.
Dit is in hierdie dae 40 jaar gelede dat die Islamitiese Revolusie in Iran plaasgevind het. Dit was ’n gebeurtenis wat die wêreld geskud het en die wêreldpolitiek steeds beïnvloed. Leopold Scholtz berig.
Die teaterlegende John Kani is Donderdagaand vir sy lewenswerk en bydrae tot die kunste met 'n Fiësta-toekenning vereer. Kyk sy roerende toespraak hier.
Die rolprent Roma van Alfonso Cuarón is ’n rolprent wat jou ewig gaan bybly. Joan Hambidge gee dit vyf uit vyf.
’n Klassieke familiedrama van een van die grootste Amerikaanse dramaturge is verwerk in Afrikaans vir die 20ste US Woordfees in Stellenbosch.
Geklee in ’n deftige swart pak en op die maat van ’n geliefkoosde liedjie het ’n onderwyser van Grey-kollege op Valentynsdag sy meisie op die een knie en onder luide toejuiging in die skoolsaal om die jawoord gevra.
’n Kranige hengelaar (6) van die Suid-Kaap wat self slegs 22 kg weeg, het op eie stoom ’n skeurtandhaai van by die 130 kg uitgetrek.
Jana Brasil, ’n fotograaf van Brasilië wat spesialiseer in geboortes, het fassinerende foto’s geneem van ’n baba wat volkome deur middel van ’n keisersnee in sy vrugwatersak gebore is.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.