Enige munisipale werker wat homself aan korrupsie skuldig maak, sal in hegtenis geneem word omdat dit as ’n ernstige oortreding beskou word.
Die lyk van ’n verkoolde vrou, wat vermoedelik voor haar dood in plastiek toegedraai is, is Vrydagmiddag langs ’n grondpad in Gqeberha (Port Elizabeth) gevind.
Sers. Dominick Monana (43) is Vrydagaand deur vier gewapende mans in Bosbokrand, Mpumalanga, oorrompel en doodgeskiet in wat ’n kapingspoging blyk te wees.
Die wêreld se nr. 5-vrouespeler, Elina Svitolina van Oekraïne, sê die drastiese verlaging van prysgeld in die WTA-reeks het wel haar motivering om te speel, aangetas, maar erken ook tennisspelers moet nou leer om hul verwagtinge ’n bietjie aan te pas
Die Australiese gholfspeler Andrew Martin het ’n wêreldrekord geëwenaar deur vier arende, waarvan drie van hulle op ’n streep was, aan te teken in ’n enkele rondte.
Die Suid-Afrikaanse manshokkiespan het ’n veldtog begin om finansiering te kry sodat hy met genoegsame voorbereiding na die Olimpiese Spele in Tokio kan gaan.
Ondersoek gaan gedoen word na die “buitensporige pryse” wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aan ’n maatskappy betaal het vir 500 000 chirurgiese maskers.
Die Reserwebank wil hê dat Suid-Afrika teen 2025 sy eie kaartstelsel as betalingsmetode moet hê wat met die huidige internasionale stelsels soos Visa en Mastercard sal meeding – of dit selfs kan vervang.
Die sakeredders van die beleërde lugdiensmaatskappy Comair het drastiese veranderinge aan die sakereddingsplan aangebring wat onder meer insluit die kansellering van bestellings vir nuwe vliegtuie.
In Menseregtemaand van hierdie 26ste jaar van ons demokrasie, gegrond op menswaardigheid, gelykheid en vryheid, is rassisme steeds met ons.
Hy het nooit as te nimmer gesê die DA wil in koalisie met die ANC gaan nie, sê die DA-leier, John Steenhuisen.
’n Belangrike uitspraak in die Kaapse hooggeregshof kan dit vir groot korporasies baie moeiliker maak om hul kritici te boelie, skryf François Smuts.
Indien prins Harry en Meghan, die hertogin van Sussex, in hul opspraakwekkende onderhoud met Oprah Winfrey die instelling van die monargie self aanval, sal die paleis soos gebruiklik swyg, maar indien persone aangeval word, is die spreekwoordelike kanonne reeds gelaai.
Die departement van sport, kuns en kultuur het studiebeurse beskikbaar gestel aan uitstaande Suid-Afrikaanse studente wat ’n studierigting verwant aan erfenis najaag.
Musiekliefhebbers het vroeg in die jaar reeds twee kanse om te verseker dat hul gunsteling-musiek en -liedjies die kans staan om met ’n plaaslike musiekprys bekroon te word.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Vergeet van voëlkykers en geveerde bewoners van die veld: daar is deesdae ’n veel dapperder subspesie wat die natuur invaar om meer oor grillerige gediertes te leer.
As jy deesdae na sekere televisie- en radio-advertensies kyk en luister, sou jy nie sê die wêreld is in die wurggreep van die Covid-19-pandemie nie. Hoekom nie? vra Landi Slatter.
Covid-19 het 2020 genagmerrie. Aan die motorfront is baie motors lank ná hul bestemde datum bekend gestel, maar daar wás hoogtepunte. Egmont Sippel noem ’n laaste klompie.
Lekker. Dié woord duik telkens op wanneer die aktrise Elani Dekker verwys na die episode in Netwerk24 se sketskomedieprogram, Ben & Bez, wat sy saam met die maltrap duo Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout geskiet het.
Bok-buksie "Faf de Klerk" reik onophoudelik uit na ‘n olike jong seun.
Die akteurs en komediante Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout is die hoof- en onderhoofseun van Afrikaanse komedie.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.