’n Rower (33) is Sondagoggend in hegtenis geneem ná ’n rooftog en skietery by ’n kruidenierswarewinkel in Kuilsrivier, ’n noordelike voorstad van Kaapstad.
Veediewe het sy veewagter oorrompel en vasgebind en sy lewende beeste se hakskene en ore is al by ’n vorige veediefstal afgesny, maar nou word hý aangekla en die polisie, wat die diewe glo help, vat sý wapens, sê ’n Oos-Vrystaatse boer.
Vier mans is dood en een ernstig beseer tydens ’n skietvoorval Saterdagmiddag in Mitchells Plain, Kaapstad.
Suid-Afrika se spanne sal moontlik hul tuiswedstryde in vanjaar se Reënboogbeker in Dublin of dalk selfs Dubai moet speel.
Op 26 moes hy vir meelbomme koes op die Springbokke se sogenaamde betogertoer in Nieu-Seeland. Op 30 is die Curriebeker in sy hande gestop nadat hy die Westelike Provinsie aangevoer het tot hul vierde agtereenvolgende triomf.
’n Jaar of 20 gelede was Barcelona nie ’n watwafferse sokkerspan nie. As ek ’n ou iewers sien stap het in hul trui, het ek gaan kennis maak. Dit het amper nooit gebeur nie; die Spaanse sokkertoneel is destyds deur Real Madrid en Valencia oorheers.
’n “Miljoen klein verkeerde besluite” het die staat se eens trotse wapenvervaardiger só afgetakel dat een werknemer al uit sy eie sak betaal het om sy werk te kan doen, selfs al baklei hy en die res van ’n Gideonsbende om kop bo water te hou.
Talle superryk Suid-Afrikaanse belastingbetalers se spesiale briefie van die belastinggaarder is eersdaags in die pos.
So min as 109 000 poste óf soveel as 900 000 poste kan vanjaar in Suid-Afrika geskep word, afhangend van hoe vinnig die ekonomie herstel, sê die konsultantegroep PwC.
Hy sal ondersteun wie hy wil, sê die ANC-woordvoerder Pule Mabe oor die feit dat hy by die strafregtelike verhoor van Ace Magashule in Bloemfontein opgedaag het en namens Magashule die woord gedoen het.
Kiesafdelings gaan nie die probleem van onaanspreeklike parlementslede oplos nie, voer Pieter Groenewald aan.
By ’n stopstraat in Koster het Carel van Heerden haar gesien. ’n Ou dame in haar 80’s in ’n blou rok met wit kolle en ’n groot breërandhoed. Sukkelend het sy ’n kruiwa bult-op gestoot na die waterwerke toe.
Twee uitstallings wat visueel voortborduur op ’n sestien meter lange installasie wat die kunstenaar Michele Nigrini aan die begin van haar loopbaan, amper drie dekades gelede, geskep het, is binnekort in Graaff-Reinet te sien.
P.P. Fourie se oorwoë, fyngeskape debuutroman is ’n genre-oorskrydende soort mosaïekwerk, skryf Jean Meiring.
Albert Grundlingh se sorgvuldige, sensitiewe biografie oor die lewe van Van Zyl Slabbert is ’n saaklike relaas oor stellig die belangrikste tydvak in die geskiedenis van hierdie suid- punt van ons donker kontinent, maar sekere aspekte het tog vir Johann Kriegler gepla.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Dit is al jare ons gebruik om op Valentynsdag ons enkellopende vriende oor te nooi vir middagete.
Drie eienskappe wat moderne Audi’s van hul teenstanders onderskei, is uitstaande vlakke van bougehalte, verfyning en kajuittegnologie en -aanbieding. Egmont Sippel het die nuutste weergawes van die A4 en A6 einde laasjaar bestuur.
Kuns is ’n finansiële én emosionele belegging, want dit kan in waarde groei en verskaf jou plesier – dis nou as jy iets aanskaf wat jou verbeelding aangryp.
‘n Eenvoudige celebrity-belofte maak skuld...
Twee oud-skoolpêlle vang op en vergelyk notas oor hulle dames . . . soveel het verander!
Ben & Bez, 'n sketskomediereeks wat "net so 'n bietjie meer 'insane' as die werklikheid is", is van 2 Februarie op Netwerk24 te sien.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.