Een van die aanvallers wat deur ’n boer op sy plaas in die Brits-omgewing gewond is, is Dinsdag dood aan sy skietwonde.
’n Plaasbestuurder van die Rosendal-distrik in die Vrystaat is Dinsdagaand by sy huis aangeval en beroof kort nadat hy by sy ouers op ’n naburige plaas gekuier het.
’n Vermeende bendeleier, net bekend as Marco, is Woensdag kort voor 17:00 in Bontebokstraat, Eastridge, Mitchells Plain, doodgeskiet.
Die feit dat die Stormers laat by Loftus Versfeld aangekom het, sou beslis ’n invloed op hul vertoning gehad het in die afgelope naweek se nederlaag van 40-3 in hul Superrugby-wedstryd teen die Bulle.
Die Cheetah-senter Nico Lee is op pad terug Bloemfontein toe nadat hy vir 13 weke van wedstryde tot en met 21 Julie geskors is wat ook die einde van dié seisoen se Pro14-rugbyreeks beteken.
Siya Kolisi, Springbok-kaptein, moet leer om sy woorde te tel en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie móét hom help om dít te doen.
’n Verhoging is altyd goeie nuus, selfs indien dit jou ná Woensdag se begrotingsrede in ’n hoër belastingkerf plaas, verseker kenners.
Moody’s beskou die begroting as slegte nuus vir Suid-Afrika se geldsake.
’n Mens weet nooit presies met Tito Mboweni nie, maar dit blyk die minister van finansies is tog bereid om langer aan te bly in die regering ná die verkiesing in Mei.
Tito Mboweni, minister van finansies, het soos grootliks verwag in sy begroting die kern van die regering se fiskale visie uitgespel as die versnelling van inklusiewe groei en werkskepping.
Tito Mboweni hou nie op om te verras nie.
Voor jy jou oë kan uitvee, lê die huis vol brille. In die boonste bedkassielaai die drie sonder armpies, op die kombuistoonbank die een met die gekrapte lense, in die motor die een wat jou neus knyp . . . en dan beland jy stééds brilloos en met skrefiesoë in die supermark en hoop maar die koffie is regtig so ’n winskoop as wat dit deur die wasigheid lyk.
Die televisiekanale HBO en Channel 4 laat hulle nie ontsenu deur dreigemente van die regslui wat Michael Jackson se boedel hanteer nie.
Die Suid-Afrikaanse skrywer Eva Mazza het ’n beroering met haar roman Sex, Lies and Stellenbosch veroorsaak. Dié boek is in sy derde druk terwyl uitgewers jare al sukkel om Suid-Afrikaanse fiksie verkoop te kry.
Die nuus dat die Amerikaanse sangeres Lady Gaga en Christian Carino se verlowing verbreek is, het skaars rugbaar geword toe die Twitterati begin skimp dat Gaga en Bradley Cooper, haar medester in A Star Is Born, dalk ’n paartjie is.
My oë traan. My neus begin onwillekeurig jeuk en ek gee ’n oorverdowende nies. Dis weer súlke tyd. Valentynstyd. Daar’s liefde in die lug. En ek? Ek is allergies.
Hy het al vir meer as ’n dekade sakebelange in Johannesburg se middestad en het meer as 22 000 mense deur die Goudstad se strate begelei.
Nee, liggaamspositiwiteit gaan daaroor dat jy gemaklik voel in jou eie lyf, maak nie saak wat die grootte daarvan is nie.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.