Die 58-jarige vrou wat Dinsdag op ’n plaas naby Makwassie in Noordwes aangerand, verkrag en ontvoer is, is Woensdag uit die hospitaal ontslaan.
Die polisie hou ’n wakende oog in Nirvana-rylaan in Lenasia ná gewelddadige betogings oor onwettige kragverbindings.
’n Man (32) wat Dinsdag in die vroeë oggendure gevang is waar hy tussen hemel en aarde hang nadat hy vermoedelik probeer het om by die Hoërskool Roosendaal in Delft in te breek, is in hegtenis geneem.
’n Toetsreeks van drie wedstryde teen Sri Lanka sou beter as net twee gewees het, sê Ottis Gibson, die Proteas se afrigter.
Die Cheetahs-senter Nico Lee is vir 13 weke deur 'n Pro14-tugkomitee geskors nadat hy die naweek vir onsportiewe gedrag uitgewys is in 'n wedstryd teen Connacht.
Amerika se Ryderbeker-span sal die eerste keer in sy geskiedenis deur ’n speler aangevoer word wat nie ’n major-gholftitel op sy kerfstok het nie.
As hy moes kies waar om R100 miljard in staatsondernemings te pomp sou hy dit eerder in spoorweë as in ’n lugdiens sit, sê Tito Mboweni, minister van finansies.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het al ’n strestoets op banke gedoen vir ’n scenario waar Moody’s Investors Service die land tot rommelstatus afgradeer.
Ekonome is dit eens dat vanjaar se begroting moeilik was om op te stel.
En die persoon wat dit aan my gedoen het, het my probeer stilmaak met ’n boek en gevra ek moet net mooi stilsit en lees.
’n Noemenswaardige opmerking kan gemaak word oor onlangse nuusopskrifte: Dit wil voorkom of ’n element van ras aan baie van hierdie voorvalle of gebeure gekoppel word.
Wie staan vir jou uit?
Die nuus dat die Amerikaanse sangeres Lady Gaga en Christian Carino se verlowing verbreek is, het skaars rugbaar geword toe die Twitterati begin skimp dat Gaga en Bradley Cooper, haar medester in A Star Is Born, dalk ’n paartjie is.
Die Britse rockgroep Queen gaan Sondag by die jaarlikse Oscar-seremonie optree waar die fliek oor die groep en sy hoofsanger, Freddy Mercury, om die prys as beste rolprent meeding.
Die Kardashian-familie is na bewering woedend nadat hulle uitgevind het dat Khloé Kardashian se kêrel, Tristan Thompson, haar glo met iemand na aan die familie verneuk het.
My oë traan. My neus begin onwillekeurig jeuk en ek gee ’n oorverdowende nies. Dis weer súlke tyd. Valentynstyd. Daar’s liefde in die lug. En ek? Ek is allergies.
Nee, liggaamspositiwiteit gaan daaroor dat jy gemaklik voel in jou eie lyf, maak nie saak wat die grootte daarvan is nie.
’n Bedrag van R127 804,20 is tot dusver erken van gemeentes, instansies en die publiek wat ruim bydra tot Volksblad se Ons gee Om-fonds.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.