Niemand moet op ’n straathoek teen die koronavirus ingeënt word of enigsins entstowwe probeer aankoop nie.
Vier verdagtes se vryheid was van korte duur toe hulle Sondag, kort nadat hulle en nog drie ander uit die Volksrust-polisie in Mpumalanga se aanhoudingselle ontsnap het, vasgetrek is.
Die blinkrooi tweedehandse motor het ’n moontlike koper genoegsaam beïndruk dat die persoon dit Vrydag wou toetsbestuur.
’n Vernietigende boulskof met die nuwe bal deur Mbulelo Budaza het die momentum aan die Knights terugbesorg nadat Neil Brand die Titans mooi op koers gehad het op die eerste dag van dié krieketspanne se meerdagstryd Sondag in Centurion.
Die wêreld se nr. 5-vrouespeler, Elina Svitolina van Oekraïne, sê die drastiese verlaging van prysgeld in die WTA-reeks het wel haar motivering om te speel, aangetas, maar erken ook tennisspelers moet nou leer om hul verwagtinge ’n bietjie aan te pas
Dit het Manchester United se sokkerspan slegs 101 sekondes geneem om Sondag die mat onder sy buurman Manchester City in die Engelse Premierliga te pluk.
Samsung het onlangs sy nuwe reeks fone, die Galaxy S21, S21+ en S21 Ultra, bekend gestel. Werner Wippenaar het die S21 en die Ultra met mekaar vergelyk en gee sy indrukke.
Tito Mboweni se nuwe begroting fokus op wat die ekonomie nodig het, maar dit gaan politieke oorredingsvermoë kos om deur te voer.
Die infrastruktuurprojekte waarin pensioenfondse sal kan belê, blyk spesifiek staatsprojekte te wees.
Die een ding wat ek deesdae gereeld leer, is dat ek nog baie het om te leer. En dat jy wel vir ’n ou hond of kat nuwe trieks kan leer.
In die politiek moet ’n mens maar jou bedmaats versigtig kies.
Vir die inwoners van Bonaero Park, in die suidooste van Kempton Park, is ’n agterplaas vol rioolvuil amper ’n weeklikse gebeurtenis. Ten spyte daarvan dat hul gesondheid en grondwetlike regte hierdeur geskend word, doen die Ekurhuleni-metro bloedweinig om die probleem die hoof te bied. Carla Lewis berig.
Wat het ’n poniekoerant en ’n nood-kotssakkie in gemeen?
’n Ongewone hulde-aanbieding aan die ontslape digter-skrywer Adam Small, byna vyf jaar ná sy dood, het vyf Fiësta-pryse, die meeste van die aand, losgeslaan, insluitend dié vir beste algehele feesproduksie.
’n Skildery wat in private besit was sedert Vincent van Gogh dit in 1887 geskep het, sal die eerste keer in die openbaar te sien wees.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Vergeet van voëlkykers en geveerde bewoners van die veld: daar is deesdae ’n veel dapperder subspesie wat die natuur invaar om meer oor grillerige gediertes te leer.
As jy deesdae na sekere televisie- en radio-advertensies kyk en luister, sou jy nie sê die wêreld is in die wurggreep van die Covid-19-pandemie nie. Hoekom nie? vra Landi Slatter.
Covid-19 het 2020 genagmerrie. Aan die motorfront is baie motors lank ná hul bestemde datum bekend gestel, maar daar wás hoogtepunte. Egmont Sippel noem ’n laaste klompie.
Lekker. Dié woord duik telkens op wanneer die aktrise Elani Dekker verwys na die episode in Netwerk24 se sketskomedieprogram, Ben & Bez, wat sy saam met die maltrap duo Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout geskiet het.
Bok-buksie "Faf de Klerk" reik onophoudelik uit na ‘n olike jong seun.
Die akteurs en komediante Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout is die hoof- en onderhoofseun van Afrikaanse komedie.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.