’n Man van Chakaville in Petrusburg is lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy ’n vyfjarige van die dorp verkrag het.
Een verdagte is vasgetrek in verband met ’n plaashuis wat die afgelope naweek naby Fort Beaufort aan die brand gesteek en vernietig is.
’n Voormalige skoolhoof van die Laerskool Fort Beaufort en sy vrou was Sondagoggend verslae toe hulle op hul plaas opdaag en hul huis afgebrand aantref.
Amper twee jaar nadat kanker by Ronald Brown gediagnoseer is en sy rugbyloopbaan aan ’n draadjie gehang het, sal hy sy buiging vir die Blitsbokke maak.
Die wenners in vanjaar se Australiese Ope-tennistoernooi sal 30% minder in hul sakke steek as verlede jaar se kampioene – maar vroeë verloorders sal dié keer beter af wees.
Ja, die gehalte van die rugby was nie altyd watwonders nie, maar daar is versagtende omstandighede, sê Eduard Coetzee, die Haaie se uitvoerende hoof.
Die tropiese sikloon Eloise, wat intussen tot ’n laagdrukstelsel afgegradeer is, se aanhoudende reën in die noordooste van die land gaan eers Woensdag opklaar – ’n dag langer as waarvoor Eskom voorsiening kan maak.
Die vakbond Solidariteit is bekommerd oor die voortbestaan van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), een van die hoekstene van arbeidsverhoudinge in die land.
Santam gaan alle eise eerbiedig vir pandemie-dekking, insluitend vir ondernemings buite die gasvryheidsbedryf. Hy twis egter nog oor vir hoe lank die eise geldig is.
Munisipale verkiesings in Suid-Afrika moet steeds afsonderlik gehou word omdat dit demokrasie in die land bevorder, skryf Pieter Labuschagne.
Die ophef wat gemaak word van Kamala Harris se ras en geslag is nie oppervlakkig van aard nie, skryf Heindrich Wyngaard.
Een van my oudredakteurs laat weet ná die soveelste droefnis wat die Covid-19-pandemie meegebring het dat hy tydens die eerste vlaag min mense geken wat aan Covid gesterf het.
VIA (DStv-kanaal 147) vermaak kykers dié week weer met vars, interessante en avontuurlustige inhoud.
Internasionale kamermusiekfees gaan voort
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Die pars het Donderdag begin op die Stellenbosse wynplaas Simonsig met die eerste lot pinot noir-druiwe wat beskore is om Kaapse vonkel te word.
As Laingsburgers vroeg op 25 Januarie 1981 kon weet ’n woedende waterdraak was op pad om 70% van hul dorp te verrinneweer, sou minder mense tyd vermors het om ornamentjies op hoër rakke te pak of groentetuine te red.
’n Sakevrou van Bethulie se dood aan kanker het nie haar man en drie dogters gekeer om Sondag ’n vreugdevolle viering van haar lewe te hou nie.
Bloed is dikker as water, of hoe? Netwerk24 se splinternuwe blitsreeks, Duiwelspoort, stel dié gesegde op die proef. Kyk vanaf 14 September elke weeksdag na 'n nuwe episode van 5 minute op Netwerk24.
Netwerk24 se blitsreeks, Op en Af, is ’n komedie en volg die lewe van drie paartjies wat in dieselfde woonstelblok in Kaapstad woon. Op die oog af lyk almal baie gelukkig, maar agter toe deure klop al drie paartjies by ’n aanlyn huweliksberader aan.
Netwerk24 se eerste blitssepie is ’n storie oor familie. Oor nalatenskap. Oor opbou en afbreek. Dit vertel ’n storie van geheime en leuens. Dit is die storie van hoe die sondes van die vaders hul kinders besoek en stel die vraag of bloed werklik kruip waar dit nie kan loop nie. Kyk nou na die 5 minuut episodes.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.