Die polisie het Maandagoggend bekend gemaak dat ’n 32-jarige man in verband met die moorde op twee polisielede die naweek in Kraaifontein in Kaapstad in hegtenis geneem is.
Die polisie in Beaufort-Wes in die Groot-Karoo ondersoek ’n voorval waarin ’n egpaar die naweek dood in hul huis gevind is.
Annie, ’n renosterkalfie van sowat ses maande oud, is deur die Rhino Orphanage naby Mokopane in Limpopo ingeneem en ontvang traumabehandeling nadat haar ma die afgelope week deur stropers doodgemaak is.
’n Argentynse tiener, Juan Manuel Cerundolo, is in sy debuut in ’n ATP-toernooi as die uiteindelike kampioen gekroon.
Te midde van al die verdeeldheid in die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) blyk daar oor een ding eenstemmigheid te wees: Die media is die grootste vyand.
Die Chinese swaargewigbokser Zhilei Zhang, wat daarvan droom om teen die wêreldkampioen Anthony Joshua te baklei, sal vir nog ’n paar dae in die hospitaal moet bly.
Die kredietgraderingsagentskap Fitch het Transnet se skuldbriewe uit die bloute afgegradeer en ’n negatiewe vooruitsig daarop geplaas.
Die visserygroep Sea Harvest het goed gevaar in die afgelope boekjaar danksy veral sterk groei in verkope in Australië, waar die mense gestroom het na viswinkels vir wegneemetes.
Die nywerheidsgroep Bidvest klink meer pessimisties as die regering oor die ekonomiese herstel.
Dit gaan nog 'n hele paar jaar neem voordat Covid-19 onder beheer gebring word, meen dr. Cloete van Vuuren, 'n infeksiespesialis van Bloemfontein. Maar intussen kan ons van die "higiëne-drama" wat miljoene rande kos, ontslae raak, sê hy.
Oudpres. Jacob Zuma en ander politici se miskenning en verontagsaming van die reg kan tot ’n algehele ineenstorting van verantwoordbaarheid sowel as ’n chaos en anargie in die land lei, het kenners aan Jana Marx gesê.
Herbenoemings en ander kulturele prosesse moet só bestuur word dat ons nie terugverval in ’n eindelose kringloop van kulturele hegemonie en oorheersing nie, skryf Frederik R van Dyk.
’n Doktor met ’n uiteenlopende agtergrond in musiekopvoeding en wat onder meer in Finland studeer het, sluit hom in April as senior dosent by die Odeion Skool vir Musiek (OSM) in Bloemfontein aan.
“Julle het nogal sekere skokkende dinge hier gesê,” sê Oprah Winfrey in ’n eksklusiewe onderhoud aan prins Harry en sy vrou, Meghan, waarvan ’n voorskou die naweek op Amerikaanse TV gewys is.
Beroepswedders lag heel waarskynlik al die pad bank toe nadat byna al die voorlopers in vanjaar se Golden Globes-wedloop met ’n prys bekroon is.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Ek kyk vandag na lewende annuïteite en trusts. Ek meen hier is ’n hele klomp slaggate wat die voorstanders van lewende annuïteite wat deur trusts gehou word, nie mooi deurdink het nie.
In reënseisoen verdwyn die uitsig oor Darjeerling se teeplantasies in die mis, maar die tee bly eersteklas, skryf Este Oosthuizen.
Drie eienskappe wat moderne Audi’s van hul teenstanders onderskei, is uitstaande vlakke van bougehalte, verfyning en kajuittegnologie en -aanbieding. Egmont Sippel het die nuutste weergawes van die A4 en A6 einde laasjaar bestuur.
‘n Eenvoudige celebrity-belofte maak skuld...
Twee oud-skoolpêlle vang op en vergelyk notas oor hulle dames . . . soveel het verander!
Ben & Bez, 'n sketskomediereeks wat "net so 'n bietjie meer 'insane' as die werklikheid is", is van 2 Februarie op Netwerk24 te sien.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.