Skole is maklike teikens vir rowers en dit is waarom hulle gereeld in die visier van misdadigers beland, sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.
Tot 35 kinders word per maand in die Mangaung-metro verkrag, sê Marietha Johnson-Le Roux, direkteur van Kindersorg Bloemfontein en Childline Free State.
Waar is Bambi, Butter Cup, Violet, Oscar, Max en hul ander dieremaats? Dié vraag gee Maria Conradie van die Animal Ambulance-dierehawe in Pretoria slapelose nagte nadat sewe van hul skape en sewe bokke Donderdagoggend gesteel is.
Gert Smal sal voor 1 Julie sy kantoor op Nuweland ontruim. In nog ’n verwikkeling het Paul Treu en die Westelike Provinsie ooreengekom dat hy aanbly en in ’n nuwe pos herontplooi word.
Rassie Erasmus en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het gister kaalvuis in die kryt geklim om vir die belange van Springbok-rugby te veg en die uitstroming van spelers na oorsese klubs te stuit.
Hashim Amla moes al ’n jaar gelede sy kolf weggepak het. Suid-Afrika het Sri Lanka onderskat. Die Proteas makeer ’n spelbreker in die middelorde. Faf du Plessis moet op nr. 4 instap. Die toporde trap klei. Die kolflys vuur nie as ’n eenheid nie.
Phuthuma Nhleko, uitvoerende voorsitter van MTN, kan miljarde rande maak uit die Brulpadda-gasvonds aan die Suid-Kaapse kus.
Dawie Roodt ontleed die ANC se verkiesingsmanifes vanuit 'n ekonomiese oogpunt.
Die tesourie het besluit om vroeg in Maart ’n bykomende spesiale werksessie te hou oor die skrapping van belastingkwytskelding aan Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk.
Ek is gevra om vanjaar by die Woordfees op Stellenbosch op te tree. As ek een wens het, is dit dat ek die gehoor in my moedertaal, Afrikaans, kon toespreek.
Om die verlede te probeer vergeet, gaan nie die slegte in die verlede ongedaan maak nie, skryf Aldi Schoeman.
Die tradisionele manier van klasgee bereik nie alle leerlinge nie, skryf Jurie Joubert.
Deon Maas draai nie doekies om oor wat dit régtig beteken om jou gemaksone te verlaat nie, skryf Koos Kombuis.
Met ‘Ek wens, ek wens’, ’n veelvlakkige sprokiesroman vir grootmense, sluit Zirk van den Berg hom by ’n kronkelry Afrikaanse skrywers aan wat die sprokiegenre as prisma benut om die wêreld van vandag te betrag, skryf Jean Meiring.
Vergeet van Trump se eskapades – of die muur of Venezuela of beurtkrag of hongersnood. Jy moet eers gr. 8 oorleef! Om 14 te wees en heelhuids by 15 uit te kom – dit is die uitdaging wat ’n tiener hier in die gesig staar.
Koraal is die kleur van die jaar. So, as vanjaar die jaar is wat jy op ’n bootreis gaan, doen dit in styl. Of dit nou langs die swembad, ’n vertoning in die teater of skemerkelkies op jou kajuit se balkon is, sorg dat jy aangetrek en afgerond is om die koppe te laat draai.
Bootreise is nie net vir pensioentrekkers wat die wêreld wil verken met hul spaargeld nie. Dis vir álmal, skryf Alet Wichmann.
Selfs in hul ysige wintermaande sal Hongarye se Kerslekkernye, -markte en -liggies jou warm maak, skryf Lieria Boshoff.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.