Vier mans, gewapen met messe en skroewedraaiers, het Vrydagoggend ’n bejaarde vrou in haar woonstel in Port Elizabeth oorrompel, vasgebind en beroof.
Die polisie soek nog vyf verdagtes wat glo by die rooftog in die Edenvale High School aan die Oos-Rand betrokke was.
Bheki Cele, minister van polisie, het die polisie Donderdag daaraan herinner dat hulle dodelike geweld mag gebruik.
Die sokkerspanne van Cardiff City en Nantes het gemoedere onnodig laat hoog loop met hul openbare dispuut oor die betaling van die oordragfooi van £15 miljoen (sowat R273 miljoen) vir wyle Emiliano Sala.
Dit was die Kiwi’s 13de sege op ’n streep op hul tuisveld, maar hulle moes kliphard vir dié een baklei.
Volg hier TeamTalk se regstreekse kommentaar van die tweede toets tussen Suid-Afrika en Sri Lanka in Port Elizabeth.
’n Permanente registrateur van mediese skemas is ná twee jaar uiteindelik aangestel. Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het dr. Sipho Kabane aangestel.
Die nuwe Samsung Galaxy S10 word vroeg in Maart uitgereik en die prys daarvan is pas bekend gestel. Hier is hoeveel die S10 jou gaan kos kontant sowel as op kontrak.
Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom se direksie, getuig voor die Zondo-kommissie oor die korrupsie by dié kragverskaffer. Volg die regstreekse dekking hier.
Brett Murray, die kunstenaar wat die ANC op hol gehad het met sy The Spear-kunswerk van ’n ontblote Jacob Zuma, besin in sy jongste tentoonstelling onder meer oor hoe wit mense hul herkoms en wie hulle is, wegsteek, skryf Murray La Vita.
Suid-Afrika se revolusionêres het hulself in die voet geskiet. Want rykdom kan nie herverdeel word as daar nie meer rykdom is om te verdeel nie, skryf Koos Kombuis.
Mense wat dink Wolfgat in Paternoster is die beste restaurant in die wêreld gaan redelik groot skrik as hulle sien dit is ’n redelike informele restaurant wat met duinekool en bokkoms kook, sê Kobus van der Merwe aan Murray La Vita.
Kom sit aan! Die teatertafel kreun onder die aanbod van drama, satire, nostalgie, humor, patos … en meer.
Oor Dolf van Niekerk.
Hy vergeet dikwels van sy ouderdom wanneer hy besig raak, sê die skrywer Dolf van Niekerk, wat Vrydag 90 jaar oud is.
Die dagtaak van ’n plattelandse land-dros is 'n delikate balans tussen ’n knippie regs-geleerdheid, ’n tikkie ouderwetse logika en ’n groot skeut menslikheid, skryf Julienne du Toit. Foto’s deur Chris Marais.
Daar is min koffiewinkels wat hulle daarop kan roem dat hulle al 23 jaar lank deur dieselfde familie bedryf word, al het hy reeds drie keer van hande verwissel.
Mbombela (Nelspruit) is nie net ’n goeie halfweghuis op pad Krugerwildtuin toe nie, maar met groot gebeure soos die Innibos Kunstefees en die jaarlikse Jock Cycle Classic-fietsren wat daar plaasvind, is ons gedurig op soek na billike en goeie blyplek in die omgewing.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.