Die veroordeelde moordenaar Christopher Panayiotou se pa, Costa, is in die vroeë oggendure van Maandag doodgeskiet.
Vier vermeende polisiemoordenaars sal Maandag in die landdroshof in Mthatha in die Oos-Kaap voorkom.
’n Plaaswerker-egpaar van Bothaville is Saterdagaand na bewering aangerand, kaal uitgetrek en met draad vasgebind voordat die aanvallers glo sowat R37 500 se skape gesteel het.
Die 18-jarige Deense gholfspeler Rasmus Højgaard, wie se identiese tweelingbroer, Nicolai, ook ’n beroepspeler is, het Sondag by die Heritage-gholfklub die Mauritius Ope op die derde uitspeelputjie gewen.
Hacjivah Dayimani kan straks Vrydag by die Kaapstad-sewestoernooi sy debuut vir die Blitsbokke maak.
Faf du Plessis het die Suid-Afrikaanse krieketbeamptes versoek om hul fokus weg van die onsmaaklike gebeure van die laaste paar weke te skuif en op die toetsspan te konsentreer wat vir die komende reeks teen Engeland voorberei.
Die speelgoedgroep Hamleys is dalk in sakeredding, maar dit het hom nie gekeer om sy nuwe winkel in Fourways, Johannesburg, te open nie.
Die tyd het aangebreek dat die private sektor en die burgerlike samelewing saamstaan om ekonomiese vryheid terug te neem van die staat af.
Tiger Brands, ’n top-40-maatskappy, is een van die grootste vervaardigers en bemarkers van vinnig bewegende verbruikersgoedere in Afrika.
Britse eleksie: Waarvoor staan Brexit-party eintlik?
Berigte van dreigemente wat staatsamptenare teen personeel van die ouditeur-generaal se kantoor gemaak het, is ontstellend, skryf Danny Titus.
Daar’s ’n natuurwet wat alle breekslae weerstaan. Met ’n kopie van dié koerant in die hand nader ek die betaaltoonbank by die CNA-winkel op die Kaapstad Internasionale Lughawe. Die produk én die gebabbel onder die verkoopslui is Afrikaans.
Hettie sukkel met Kersfees. Met die tannie wie se nare nagereg niemand wil eet nie, maar tog eet, die oom met sy onvanpaste uitlatings en dan die alewige vrae oor hoekom sy dan nog nie getroud is nie.
Ozzy Osbourne het ’n belo- ning van $25 000 (sowat R365 000) uitgeloof as ’n oorlede vriend se kitaar aan hom terugbesorg word.
Netwerk24 het in samewerking met NB Uitgewers, Afrikaanse skrywers uitgenooi om ’n luisterdrama in die formaat van ’n radiodrama vir dié nuuswebwerf te skryf.
Kyk nou na Die Testament sonder onderbreking!
’n Tweede aanlyn blitsreeks kom in Februarie 2020 na Netwerk24.
Kyk nou hierdie spesiale halfuurlange dokkie vir ’n blik op die agter-die-skerms-oomblikke met die opname van Coenie se nuwe album.
’n Toename in besoekers aan die Tafelberg-sweefspoor word oor die feestyd verwag en die sweefspoormaatskappy bied ’n beperkte getal kaartjies vir vroegoggendritte aan, voordat die sweefspoor vir die algemene publiek oopgemaak word.
Sy is haar pa se vroeë Kersgeskenk. Ashante Erasmus was veronderstel om later vandeesmaand gebore te word, maar Saterdag het sy gemeen genoeg is genoeg.
Mango en Min se kameraadskap is geskoei op moed, geduld en baie liefde, nadat Mango in Januarie, kort duskant die dood, uit ’n 12 m diep mynskag gered is.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.