’n Rower is Dinsdagoggend dood toe die wegkommotor waarin hy en ander verdagtes van die polisie weggejaag het, in die omgewing van Govan Mbeki, Port Elizabeth, in ’n ongeluk betrokke was.
Drie vermeende rowers verskyn Woensdag in die landdroshof in Springbok in die Noord-Kaap nadat hulle in hegtenis geneem is in verband met ’n gewapende roof Maandagoggend in Port Nolloth.
’n “Motorverkoopsman” wat teregstaan op minstens 30 aanklagte van onder meer bedrog en diefstal, is Dinsdag in Krugersdorp in hegtenis geneem.
Met die T20-krieketreeks gelykop ná twee wedstryde is daar Woensdag in die beslissende kragmeting baie op die spel vir die Wes-Indiese Eilande, wat Indië op sy tuisveld ’n tweede keer agtereenvolgens wil skok.
Die veelsydige Ben Stokes sal wel in Engeland se komende toetsreeks teen Suid-Afrika kan boul.
Rugbybase gaan die beginsel van “minder is meer” moet omarm om die spel in Suid-Afrika te red, waarsku die Stormers se afrigter, John Dobson.
Die Kaapstadse metroraad het Dinsdag gesê hy gaan die hooggeregshof in Johannesburg nader sodat sy saak oor die gebruik van onafhanklike kragverskaffers (IPP’s) gouer aangehoor kan word.
Eskom se direksie en topbestuur sal Woensdag planne aan pres. Cyril Ramaphosa voorlê oor hoe om Suid-Afrika se huidige elektrisiteitskrisis – wat dié week ongekende vlakke bereik het – op te los.
Comair het aangekondig die funksies van sy mede-uitvoerende hoofde gaan omgeswaai word.
Hoekom glo kinders regoor die wêreld aan Kersvader? Is dit miskien volwassenes se skuld? vra Rohan Kapitany.
Swapo het aan die mag vasgeklou in die pas afgelope Namibiese verkiesing, maar die opvatting dat dié party se posisie skynbaar onaantasbaar is, is verpletter, skryf Reinhart Kössler.
All hearts come home for Christmas. Die letters is in rooi geverf op ’n reghoekige metaalplaat met ’n verweerde voorkoms. Anders as al die besonderse Kersversieringe wat sy deur die jare versamel het, is hierdie eenvoudige item die een wat direk tot haar hart spreek.
Selfs kort voor haar laaste dag by RSG het die senuwees die omroeper Christelle van Tonder wéér beetgepak.
Die Roxette-sangeres Marie Fredriksson is Maandag dood.
Vir talle van die studente was die eerste keer wat hulle sneeu gesien het ’n betowerende ervaring. Vir hul Europese gehore, waar die NWU PUK-koor tans toer, hou die koor ewe groot betowering in. Die koor is met ’n hele paar pryse bekroon.
Die feestyd is om die draai en die groot werk van Kersete maak lê nog voor!
’n Tweede aanlyn blitsreeks kom in Februarie 2020 na Netwerk24.
Kyk nou na Die Testament sonder onderbreking!
Maak reg om ál jou blou artikels uit die kas te haal en af te stof. Alles van broeke, jasse, rokke, juweliersware en selfs sitkamerkussings in ’n donkerblou skakering gaan hoogmode wees in 2020.
Nadat twee mense die naweek in die water by die Strand in die moeilikheid beland het, het die owerhede mense gewaarsku om versigtig te wees en net op die aangewese plekke te swem.
Phyl-Mari Heyneke van Midstream, die Septemberwenner van Beeld se Bruid van die Jaar, is op 14 September met Allen getroud. Sy vertel meer oor haar groot dag.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.