Die lyk van ’n 25-jarige man is Donderdag in ’n bouvallige toilet in die middel van die bendegeteisterde gebied van Bonteheuwel in Kaapstad gekry.
’n Luitenant-kolonel verbonde aan ’n polisiekantoor in Kaapstad se noordelike voorstede is Donderdagmiddag in sy kantoor in hegtenis geneem.
’n Sewe maande oue babameisie en haar 40-jarige pa is Woensdagaand in Port Elizabeth in hul bed doodgeskiet.
Die Proteas se boulers het laat Donderdag in Port Elizabeth ’n lekker hap uit Sri Lanka se kolflys gevat om darem ’n bietjie moed te skep vir Vrydag se tweede dag van die tweede toets op St. Georgepark.
As hy so na die name in die Stormers-kamp kyk, dink Warren Whiteley beslis die Kaapse span het die sterkste Superrugby-groep van al die Suid-Afrikaanse spanne.
Die Menseregtekommissie (MRK), wat gaan probeer vasstel wat verlede jaar tot die opspraakwekkende Ashwin Willemse-sage gelei het, sal volgende maand sy eerste sittings hou.
Dit gaan vir die regering baie moeilik wees om sy gordel stywer te trek, veral indien ekonomiese groei swak bly, sê die kredietgradeerder.
Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het bevestig die staat sal R23 miljard per jaar oor die volgende 10 jaar aan Eskom gee.
Miljarde rande word in die begroting aan die sukkelende Eskom toegewys, maar die begrotings van onderwys, gesondheidsorg en behuising word gesny.
Wie staan vir jou uit?
Ek sit in die week saam met ’n klomp vriende en wyn drink en natuurlik is Eskom, die begroting, skuldsyfers en Suid-Afrika se ekonomie heel bo aan die besprekingslys.
Internasionale Moedertaaldag op 21 Februarie is vir my elke jaar ’n spesiale geleentheid. .
Dikwels is die stories ágter ‘n boek net so interessant soos dié binne-in die boek. Op die US Woordfees se Skrywersprogram is daar heelwat gesprekke wat jou soos ’n spanningsverhaal sal boei.
Die Standard Bank-galery in Johannesburg se eerste uitstalling van die jaar, A Black Aesthetic: A View of South African Artists (1970 -1990), open op 21 Februarie en is tot 18 April te sien.
Die Amerikaanse sangeres Beyoncé en haar man die kletsrymer man, Jay-Z, het Woensdagaand hul toekenning as beste internasionale groep by die Brit Awards per video ontvang omdat hulle nie self in Londen was nie.
Knie- en heupvervangings hou langer as wat dokters of pasiënte dink, het die Universiteit van Bristol, Engeland, in ’n groot studie bevind.
Ek kom onlangs op Facebook af op die kommentaar van ’n anonieme self-proclaimed oom wat iemand se integriteit betwyfel omdat hulle ’n advertensie vir ’n onderklerewinkel plaas.
My oë traan. My neus begin onwillekeurig jeuk en ek gee ’n oorverdowende nies. Dis weer súlke tyd. Valentynstyd. Daar’s liefde in die lug. En ek? Ek is allergies.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.