Moord en seksuele aanranding is twee van die kontakmisdade wat binne ’n tydperk van drie maande in die Oos-Kaap toegeneem het.
Die DA in die Noord-Kaap doen ’n beroep op die polisie in Kimberley om patrollies by misdaadbrandpunte op te skerp.
Twee gevangenes het Donderdag uit ’n tronk in Malmesbury ontsnap en is weer dieselfde middag gevang.
Griekwas het sy afrigtingspan vir die nuwe rugbyseisoen uitgebrei met die aanstelling van Brendell Brandt as hulpafrigter.
Die Blues het Saterdag vier keer agter die doellyn gaan draai om die Hurricanes en Ardie Savea se partytjie deeglik te bederf met ’n 31-16-oorwinning in die Superrugby Aotearoa-reeks in Wellington.
Geen rugbyspan kan optimaal funksioneer sonder ’n losskakel wat sy sout werd is nie, en Kade Wolhuter is daarom ’n jong man wat fyn dopgehou gaan word wanneer die Stormers Saterdag in die voorbereidingreeks in die Kaapstad-stadion vir die Cheetahs gasheer speel.
Dis dalk nie heeltemal die “verlore Kruger-miljoene” nie, maar die Suid-Afrikaanse Munt bied nou aan muntversamelaars die geleentheid om “vergete” goue Krugerponde en -halfponde uit dieselfde era te besit.
Telegram is vinnig besig om te verseker dat mense ewe tuis op dié kletsapp sal voel as op WhatsApp.
Die Vaalputs-kernafvalterrein in Namakwaland kry waarskynlik eersdaags ’n nuwe lisensiehouer.
Beeld-spotprent: 27 Februarie 2021
Die Burger-spotprent: 27 Februarie 2021
Soms gebeur dit dat dit nie bloot individue is wat heldhaftig optree of as morele voorbeelde dien nie, maar ’n hele dorp of gemeenskap. ’n Voorbeeld van ’n gemeenskap waarvan dit nié gesê kan word nie, is die fiktiewe dorpie Dogville, soos verbeeld i
Die bestuur van die Stellenbosse Internasionale Kamermusiekfees (SICMF) het Donderdag aangekondig dat vanjaar se fees weens die Covid-19-pandemie van die baan is.
Die Suid-Afrikaanse kortprent Ekstasis is opgeneem in die amptelike keuse van vanjaar se Berlin Lift-Off-rolprentfees.
Fliekgangers en TV-kykers wêreldwyd is slaggereed vir die eerste groot rolprent- en TV-prysuitdeling van die jaar – die Golden Globes.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Magoebaskloof. Maggies, man, dis nou een van daai plekke wat jou laat voel asof jy pens en pootjies binne-in ’n Ben Venter-boek beland het, met Waterbobbejaan wat straks besig is om jou deur die boomvarings te bekruip.
’n Jaar gelede het die wêreld veilig gevoel en het ons die buitelug aangedurf sonder om twee keer te dink.
Wanneer hy op die sportveld uitdraf, kyk mense twee keer om seker te maak dat dié kranige rugby-, krieket- én hokkiespeler dit werklik met ’n prostese regkry.
‘n Eenvoudige celebrity-belofte maak skuld...
Twee oud-skoolpêlle vang op en vergelyk notas oor hulle dames . . . soveel het verander!
Ben & Bez, 'n sketskomediereeks wat "net so 'n bietjie meer 'insane' as die werklikheid is", is van 2 Februarie op Netwerk24 te sien.
Registreer nou vir jou gratis proefperiode van 30 dae.
Voorsien asseblief jou E-posadres dat ons vir jou 'n boodskap kan stuur om jou wagwoord te herstel
Kan jy jou wagwoord onthou? Probeer weer om aan te meld
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.