Twee vermeende brandstofdiewe het ernstige brandwonde opgedoen toe hulle vermeende strooptog uit 'n Transnet-pypleiding in Mpumalanga skeefgeloop het.
Die polisie het beslag gelê op bykans R700 000 se medikasie toe hulle ’n vrou in Molteno vasgetrek het wat na bewering as dokter gepraktiseer het sonder die nodige lisensie.
Drie verdagtes wat in Polokwane probeer het om stukke ivoor te smous, is op heterdaad betrap en in hegtenis geneem.
Met ’n omgesukkelde Marizanne Kapp aan die voorpunt het die Suid-Afrikaanse vrouekrieketspan die eendagreeks teen Pakistan gewen.
Jimmy Anderson en Joe Root was Engeland se uitblinkers op die tweede dag van die tweede toets teen Sri Lanka Saterdag in Galle.
Daar was ’n ruk net ná rustyd wat die Leeus binne ’n oogwink ’n agterstand van 14-0 uitgewis het, maar die oplewing was van korte duur en te min om die Bulle se opmars in die Curriebekerkompetisie te stuit.
Verhuurders landwyd sukkel om huurders te kry en oor die hele Suid-Afrika het ’n enorme 12,9% van alle huureenhede teen Desember leeggestaan.
Andró Griessel ontleed die prestasie van verskillende bateklasse in 2020. Wat het verlede jaar verander - en waaroor is hy vir 2021 bekommerd?
Eskom se kragstasies in Mpumalanga en selfs sy groot kragstasies in Limpopo is in die visier van tropiese storm Eloise, wat die naweek die vasteland by Mosambiek gaan tref.
Dit is ’n president wat goed vaar, al is hy spreekwoordelik met een voet in yswater en die ander in kookwater.
’n Beswaar wat ’n mens dikwels ten tyde van die Amerikaanse verkiesingsveldtog teen Joe Biden gehoor het, is dat hy te oud (78) vir die werk is. Of selfs dat hy seniel is.
Kan ’n skool ’n rektor as hoof hê? By Paul Roos Gimnasium is die gebruik ’n trotse tradisie wat spruit uit die geskiedenis van dié skool, skryf Jannie van der Westhuizen.
Die digter Cas Vos se nuwe digbundel, “Beskut teen vrese”, skets die Covid-19-pandemie en gepaardgaande vrese “in al sy gedaantes”. Hy het nie ’n oplossing nie, maar glo ’n digterlike woord kan troos bring. Hy het met AJ Opperman gesels.
Die geliefde Kaapse vermaaklikheidskunstenaar Alvon Collison (79), ook bekend as “Mr. Showbiz”, is Saterdagoggend oorlede.
Hoewel die Buskaid-opleidingsprojek vir jong strykers in Soweto weens die inperkings die afgelope jaar stil geraak het, sal hulle nou in ’n reeks van vyf konserte gehoor kan word wat aanlyn uit Amerika uitgesaai word.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Onderwater is almal gelyk – dis een van skubaduik se grootste aantrekkingspunte. Boonop kan jy van al jou sorge vergeet in ’n stil, kleurvolle onderwater-wonderwêreld.
Hang vas, mense . . . ons praat van die rivier, nie die kloof nie. Jip, daar’s ’n heel ander Baviaans om te gaan verken, maar hy lê heel ver in die wêreld.
Hierdie heerlike pret-pakkie bevat elke dag se blokkiesraaisels, sudoku's en oplossings in Die Burger, Beeld en Volksblad. Elke Sondag word Rapport se pretbladsye bygevoeg. Druk uit en geniet!
Bloed is dikker as water, of hoe? Netwerk24 se splinternuwe blitsreeks, Duiwelspoort, stel dié gesegde op die proef. Kyk vanaf 14 September elke weeksdag na 'n nuwe episode van 5 minute op Netwerk24.
Netwerk24 se blitsreeks, Op en Af, is ’n komedie en volg die lewe van drie paartjies wat in dieselfde woonstelblok in Kaapstad woon. Op die oog af lyk almal baie gelukkig, maar agter toe deure klop al drie paartjies by ’n aanlyn huweliksberader aan.
Netwerk24 se eerste blitssepie is ’n storie oor familie. Oor nalatenskap. Oor opbou en afbreek. Dit vertel ’n storie van geheime en leuens. Dit is die storie van hoe die sondes van die vaders hul kinders besoek en stel die vraag of bloed werklik kruip waar dit nie kan loop nie. Kyk nou na die 5 minuut episodes.
Registreer nou vir jou gratis proefperiode van 30 dae.
Voorsien asseblief jou E-posadres dat ons vir jou 'n boodskap kan stuur om jou wagwoord te herstel
Kan jy jou wagwoord onthou? Probeer weer om aan te meld
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.