Ses familielede is Donderdagaand in hul huis sowat 40 km van Durban afgemaai terwyl hulle televisie gekyk het, terwyl drie familielede daarin kon slaag om te vlug.
Minstens 20 Vrystaatse tieners is glo sonder hul ouers se toestemming oor die grens met Lesotho na ’n inisiasieskool in die Malutiberge gelok.
Die vermoorde Senzo Meyiwa se broer, Sifiso, het volle vertroue in AfriForum se private vervolgingseenheid om die raaisel rondom dié voormalige Bafana Bafana-kaptein se dood op te los.
Die man wat Engeland se agterlyn in ’n gevaarlike aanvallende eenheid help omskep het, gaan voortaan sy gewig by die Wallabies ingooi.
Zelt Marais, president van die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU), het in ’n vurige toespraak ’n skeidslyn tussen die finansiële posisies van die unie se amateurarm en sakevleuel getrek.
Die Blitsbokke gebruik Afrikaans as ’n geheime wapen sodat ander spanne nie hul taktiek kan afluister nie.
As jy sowat R780 000 het wat rondlê, sal Apple se jongste – en duurste – Mac Pro dalk net in jou smaak val.
Die tabakmaatskappy British American Tobacco (BAT) gaan op 6 Februarie die laaste paaiement van sy tussentydse dividend betaal wat hy in Februarie vanjaar verklaar het.
Die Suid-Afrikaanse mynbousektor bevind hom in donker tye. Die sektor het in Oktober met 2,9% gekrimp.
In geslote, outoritêre state is die informele, dikwels gesiglose bewegings die werklike setels van mag en potensiële verandering, skryf Liesl Louw-Vaudran.
Mans moenie namens vroue praat nie. Hulle kan goed en hard genoeg vir hulself praat, skryf Meghan Lawrence in reaksie op prof. Michael le Cordeur se onlangse meningstuk oor slawerny.
Levina Carstens (63) was haar hele volwasse lewe lank ’n gr. 1-onderwyseres en het nou ná 44 jaar afgetree. Sy deel haar wedervaringe met Murray La Vita.
Die amptelike lokprent vir die bekroonde regisseur Oliver Hermanus se nuwe fliek, Moffie, is pas uitgereik.
Die gewilde sprokie oor Hansie en Grietjie het ’n Kersfeeskinkel bygekry. Die Lilliput-kinderteatergeselskap se nuwe vertoning van Hansel and Gretel begin volgende week by die Nassau-teater in Nuweland, Kaapstad.
Plaasaanvalle, geslagsgeweld en kulturele toeëiening is onder die gewigtige temas wat binnekort in vyf jong dramaturge se toneelstukke onder die loep kom.
Die feestyd is om die draai en die groot werk van Kersete maak lê nog voor!
’n Tweede aanlyn blitsreeks kom in Februarie 2020 na Netwerk24.
Kyk nou na Die Testament sonder onderbreking!
Twee dinge is belangrik wanneer jy een van Suid-Afrika se grootse versamelaars van rugbytruie is – respek en geduld.
Hy was 19 jaar oud toe hy “in die hartjie van die winter” as ’n karwag in die Port-Elizabethse hawe begin werk het.
Die Tafelbergsweefspoor doen Woensdag weer sake nadat dit Dinsdag gesluit was weens tegniese probleme wat vermoedelik weens beurtkrag ontstaan het.
Registreer nou vir jou gratis proefperiode van 30 dae.
Voorsien asseblief jou E-posadres dat ons vir jou 'n boodskap kan stuur om jou wagwoord te herstel
Kan jy jou wagwoord onthou? Probeer weer om aan te meld
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.