Ses familielede is Woensdagaand in hul huis sowat 40 km van Durban afgemaai terwyl hulle televisie gekyk het, terwyl drie familielede daarin kon slaag om te vlug.
Minstens 20 Vrystaatse tieners is glo sonder hul ouers se toestemming oor die grens met Lesotho na ’n inisiasieskool in die Malutiberge gelok.
Die vermoorde Senzo Meyiwa se broer, Sifiso, het volle vertroue in AfriForum se private vervolgingseenheid om die raaisel rondom dié voormalige Bafana Bafana-kaptein se dood op te los.
Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke, het geloof in die spelers getoon wat verlede naweek in Dubai koning gekraai het deur sy groep onveranderd vir die Kaapstad-sewestoernooi te hou.
Die Suid-Afrikaanse vroue-sewesrugbyspan kry van Vrydag af ’n gulde geleentheid om tong uit te steek vir die baadjiedraers wat besluit het dat hulle nie in 2020 aan die Olimpiese Spele kan deelneem nie.
Tommy Seymour, drieëvraat van Skotland en die Britse en Ierse Leeus, het verras deur op 31-jarige ouderdom uit toetsrugby te tree.
Die uitspraak dat dit in die openbare belang is dat daar voortgegaan word met die hofaansoek teen Dudu Myeni, wys die publiek kán sy stem teen korrupsie en wanbestuur dik maak.
Kaapstad-toerisme is bekommerd oor die uitwerking wat beurtkrag kan hê op mense wat beplan om Kaapstad te besoek.
Ná ’n dekade van ondersoek na ’n sementkartel wat groot sementmaatskappye soos PPC, Lafarge en AfriSam betrek het, is die saak uiteindelik nou afgehandel.
In geslote, outoritêre state is die informele, dikwels gesiglose bewegings die werklike setels van mag en potensiële verandering, skryf Liesl Louw-Vaudran.
Mans moenie namens vroue praat nie. Hulle kan goed en hard genoeg vir hulself praat, skryf Meghan Lawrence in reaksie op prof. Michael le Cordeur se onlangse meningstuk oor slawerny.
Levina Carstens (63) was haar hele volwasse lewe lank ’n gr. 1-onderwyseres en het nou ná 44 jaar afgetree. Sy deel haar wedervaringe met Murray La Vita.
Die Nasionale Jeugorkes bied die naweek drie barokkonserte in Gauteng aan.
Danie du Toit het al verskillende hoede gedra: sanger, liedjieskrywer, entrepreneur, PhD-student en binnekort sal hy ook digter en uitgewer kan byvoeg.
Die amptelike lokprent vir die bekroonde regisseur Oliver Hermanus se nuwe fliek, Moffie, is pas uitgereik.
Die feestyd is om die draai en die groot werk van Kersete maak lê nog voor!
’n Tweede aanlyn blitsreeks kom in Februarie 2020 na Netwerk24.
Kyk nou na Die Testament sonder onderbreking!
Twee dinge is belangrik wanneer jy een van Suid-Afrika se grootse versamelaars van rugbytruie is – respek en geduld.
Hy was 19 jaar oud toe hy “in die hartjie van die winter” as ’n karwag in die Port-Elizabethse hawe begin werk het.
Die Tafelbergsweefspoor doen Woensdag weer sake nadat dit Dinsdag gesluit was weens tegniese probleme wat vermoedelik weens beurtkrag ontstaan het.
Registreer nou vir jou gratis proefperiode van 30 dae.
Voorsien asseblief jou E-posadres dat ons vir jou 'n boodskap kan stuur om jou wagwoord te herstel
Kan jy jou wagwoord onthou? Probeer weer om aan te meld
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.