Die Noord-Kaap is Woensdag deur nóg ’n gesinstreurspel geskud toe ’n pa glo sy baba van sewe maande by Loeriesfontein vermoor het.
’n Silwerkleurige Mercedes-Benz en ’n wit BMW is Woensdagmiddag omstreeks 16:20 gebruik om ’n geldwa van die G4S-maatskappy op die N6 tussen Bloemfontein en Reddersburg van die pad te druk.
“Ons ken hom, ons ken die man wat my kind doodgeskiet het. Ek wil hom net vra hoekom?”
Die tiener-blitsbouler Naseem Shah het Woensdag Pakistan se terugvegpoging teen Sri Lanka gelei op die eerste dag van die eerste kriekettoets in meer as ’n dekade in Pakistan.
Krieket Suid-Afrika (KSA) het nog ’n halwe tree in die regte rigting gegee met Graeme Smith wat die pos as die nuwe direkteur van krieket aanvaar het.
Hy het per geleentheid ’n oudbreier van die Suidwestelike Distrikte Arende, Rynhard van As, as ’n konsultant by die Russiese klubspan Yenisey-STM Krasnojarsk gaan bystaan en dié het hom aanbeveel.
Die slegte nuus: Sabotasie het ’n rol gespeel in die heersende kragonderbrekings in die land. Die goeie nuus: Daar sal van 17 Desember tot 13 Januarie géén beurtkrag wees nie.
Kragstasies in die land is onbetroubaar en onvoorspelbaar. En dit is die grootste rede vir Eskom se besluit Maandag om fase 6-beurtkrag in te stel.
Sabotasie by een van Eskom se kragstasies was een van die groot redes vir die huidige vlaag beurtkrag wat Suid-Afrika geteister het.
Daar word reeds van Brittanje se verkiesing Donderdag gepraat as een van die vuilste ooit en een waarin die media se tradisionele greep op politieke veldtogte verbreek is, skryf Richard Sambrook.
Donderdag gaan die Britte hul kruisies in ’n belangrike algemene verkiesing trek. Wat verdeel hulle en wat meen kenners kan die uitslag wees? Leopold Scholtz doen verslag.
Seksuele voorbereiding is een van die oudste truuks in die boek. In die lig van die klagtes teen Willem Breytenbach, hoe gebeur dit dat vermeende sekspeste vir jare hiermee wegkom? Willemien Brümmer doen verslag.
Die sanger Chris Chameleon het Dinsdag in ’n video op sosiale media die oomblikke van sy dogter se geboorte gedeel.
Die Italiaanse regering het Dinsdag in Kaapstad ’n buitengewone “uitsondering” gemaak en die Suid-Afrikaanse operaster Pretty Yende tot ridder geslaan, hoewel sy tegnies nog te jonk is.
Die fliek Frozen 2 het die afgelope naweek geskiedenis gemaak met die grootste openingsnaweek tot nog toe vir ’n animasiefliek in Suid-Afrika.
Die feestyd is om die draai en die groot werk van Kersete maak lê nog voor!
’n Tweede aanlyn blitsreeks kom in Februarie 2020 na Netwerk24.
Kyk nou na Die Testament sonder onderbreking!
Die Tafelbergsweefspoor doen Woensdag weer sake nadat dit Dinsdag gesluit was weens tegniese probleme wat vermoedelik weens beurtkrag ontstaan het.
Almal is mal oor Kersfees, maar vir die kindertjies in die Universitas-hospitaal in Bloemfontein was die vroeë Kerspartytjie iets baie besonders.
'n Kersboom en ’n katkind (of katkinders!) is nie maats nie. Óf die ornamente en liggies beland op die vloer, óf as jou katgedierte baie nuuskierig is, kan die boom omgetrek word.
Registreer nou vir jou gratis proefperiode van 30 dae.
Voorsien asseblief jou E-posadres dat ons vir jou 'n boodskap kan stuur om jou wagwoord te herstel
Kan jy jou wagwoord onthou? Probeer weer om aan te meld
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.