Die polisie in Lichtenburg werp alles in die stryd om die borsbeeld van die boeregeneraal Koos de la Rey te vind nadat dit die naweek van sy graf in dié dorp in Noordwes gesteel is.
’n Vermeende rower is Woensdagmiddag dood en drie ander gewond in ’n skietery op die M1-snelweg naby die Woodmead-afrit in Sandton.
Die polisie waarsku dat ’n motorfietsdiefstalsindikaat moontlik in dele van die Nelson Mandelabaai-metro bedrywig is.
Die Blitsbokke se voorbereiding vir die Olimpiese Spele het ’n reuse-hupstoot gekry met Ruhan Nel wat hom Donderdag by hulle sal aansluit.
As skoolseun het die rugby wat die Maties in die Varsitybeker-rugbyreeks gespeel het, so ’n indruk op Dylan Alexander gemaak dat hy nie kon wag om Maandae dié span te sien speel nie.
Die Engelse kolwer Liam Livingstone het besluit genoeg is genoeg, het sy tasse gepak, en sal nie meer vir die Rajasthan Royals in die huidige Indiese Premierliga beskikbaar wees nie.
Terwyl pres. Cyril Ramaphosa R100 miljard se belegging oor die volgende dekade aan die Durbanse hawe belowe het, is Kaapstad bang dat die hawe in die skadu van Tafelberg aan die agterspeen gaan suig.
Pick n Pay het Woensdag basies oorlog teen sy mededingers verklaar oor die verkoop van kos en kruideniersware aan armer Suid-Afrikaners.
Nee, Karooooo is nie ’n tikfout of iemand wat op die sleutelbord aan die slaap geraak het nie.
Daar behoort ook ’n minimum vonnis vir brandstigting te wees, skryf Gustaf Pienaar. En dit moet séérmaak, sodat Suid-Afrikaners ’n heilige respek vir vuur kan begin ontwikkel.
Wanneer sogenaamde “vriende met voordele” ter sprake kom, moet jy maar die fynskrif behoorlik gaan lees, skryf Erla-Mari Diedericks.
Afrikanernasionaliste het dit nog altyd gehad teen die “andersheid” van genls. Louis Botha en Jan Smuts.
Die operasangeres Sibongile Mngoma het op 3 Maart by die Nasionale Kunsteraad se kantoor in Newtown, Johannesburg, ingestap – en dit uit protes teen die wanadministrasie van noodfinansiering vir kunstenaars nie weer verlaat nie.
“My kop is nie bedraad vir fantasie nie en soos my vorige boeke is Spel ook realistiese fiksie. Dit was ’n moeilike boek om te skryf omdat ek geweldig baie navorsing moes doen oor wetenskaplike feite van die toekoms. Spel is wel ’n futuristiese verha
Noudat sy weer as aanbieder van die SABC 2-leefstylprogram 'Pasella' te sien is, het die aktrise Vicky Davis haar 'backstage pass to life' terug.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
’n Skrywer, ’n gewese wêreldkampioen-skopbokser, ’n oorlognabootser wat homself ’n swart Boer noem, en perdefluisteraar reis met ’n perdekar terug in die geskiedenis in op agterpaaie deur die Vrystaat.
Raubie Brink word nie net Donderdag ’n hele 100 jaar oud nie, hy is ook die oudste alumnus van die Hoër Jongenskool Paarl.
Tydens ’n besoek aan Worcester het Errieda du Toit weer die lekkerte van ouskool-geregte beleef.
Dis baie meer as net 'n liefdesverklaring toe familiegeheime om die etenstafel ontbloot word in die 12de episode van Ben & Bez.
Skote petoors! 'n Mens sou sweer dis veldskool in die 11de episode van die sketskomediereeks Ben & Bez!
Lekker. Dié woord duik telkens op wanneer Elani Dekker verwys na die episode van 'Ben & Bez' wat sy saam met Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout geskiet het.
Registreer nou vir jou gratis proefperiode van 30 dae.
Voorsien asseblief jou E-posadres dat ons vir jou 'n boodskap kan stuur om jou wagwoord te herstel
Kan jy jou wagwoord onthou? Probeer weer om aan te meld
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.