Die polisie in Gauteng wou Sondag nie die identiteit van ’n sewejarige seun wat in die vroeë oggendure in sy huis in Soweto doodgeskiet is, bekend maak nie.
Die polisie in die Vrystaat is op soek na twee verdagtes ná ’n rooftog in Fouriesburg waarin ’n winkeleienaar van Fouriesburg en ’n rower noodlottig gewond is.
Duisende mense wat geld betaal het om te registreer vir ’n “toelae-skema” wat op “Christelike beginsels” bestuur word, wag al jare vir hul geld, maar die maatskappy kon onlangs miljoene rande aan ’n derde party betaal.
Die Australiese Ope sal voortgaan ten spyte daarvan dat spelers woedend is omdat hulle twee weke in streng kwarantyn in Melbourne moet deurbring weens positiewe Covid-19-gevalle op hul vlugte.
’n Rekordvennootskap om die sewende paaltjie het Indië Sondag in die stryd gehou op die derde dag van die vierde en laaste toets in die reeks teen Australië.
Westelike Provinsie Rugby en die Franse klubreus Stade Français is van voorneme om ’n baanbrekende strategiese rugbyverbond tussen hul professionele franchises te smee wat uiteindelik tot handel en toerisme tussen Kaapstad en Parys en Suid-Afrika en Frankryk kan lei.
Somervakansietyd in Franschhoek is sinoniem met sypaadjies wat wemel van vakansiegangers en smulpape wat weglê aan fynproewersdisse by die dorpie se toprestaurante. Maar nou staan sake anders.
Korter handelsure vir kroeë en drankwinkels, duurder dranklisensies en ’n perk op die hoeveelheid drank wat afgelewer mag word, is van die drastiese ingrypings wat die Wes-Kaapse regering oorweeg om drankmisbruik vas te vat.
Banke en regerings in 87 lande gaan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) help om Suid-Afrikaners op te skroef wat die land verlaat het en nou hul belastingplig hier ontduik.
Die revolusionêre nuwe entstowwe teen Covid-19 bevat geen lewende of dooie virus of selfs deeltjies van ’n virus nie. Hoe werk dit dan? Heinz Mödler verduidelik.
Johanna Strauss is pas aangestel as die nuwe hoof van die Durbanville-kinderhuis. Sy vertel aan Hanlie Retief hoe hulle vir 144 kinders ‘n huis probeer skep, geborgenheid gee, sodat die kinders nog kind kan wees, met die lewe groot en wyd voor hulle.
Ek en ’n vriendin stap verby ’n vakansiehuis met ’n groot naambord met die woord “Dankbaar”. Dit is vermoedelik een van etlike vakansiehuise met dieselfde naam oor die land.
Die Oppiwater-kunstefees is ’n tweede keer uitgestel, maar word in April in ’n bioborrel aangebied.
Die voormalige vermaakjoernalis Gavin Prins vertolk die rol van ’n predikant in die derde reeks van die Safta-bekroonde SABC 2-drama Swartwater, wat Dinsdag begin.
Die veteraanakteur Sam Phillips is Saterdag in die ouderdom van 72 oorlede.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Die verbod op alkohol hoef nie ’n demper op jou skemerkelkies te plaas nie
Weet jy wat jy aan jou gesig smeer? vra Fay van Eeden nadat sy haar eie velsorgmiddels uit haar spens begin maak het.
Hierdie heerlike pret-pakkie bevat elke dag se blokkiesraaisels, sudoku's en oplossings in Die Burger, Beeld en Volksblad. Elke Sondag word Rapport se pretbladsye bygevoeg. Druk uit en geniet!
Bloed is dikker as water, of hoe? Netwerk24 se splinternuwe blitsreeks, Duiwelspoort, stel dié gesegde op die proef. Kyk vanaf 14 September elke weeksdag na 'n nuwe episode van 5 minute op Netwerk24.
Netwerk24 se blitsreeks, Op en Af, is ’n komedie en volg die lewe van drie paartjies wat in dieselfde woonstelblok in Kaapstad woon. Op die oog af lyk almal baie gelukkig, maar agter toe deure klop al drie paartjies by ’n aanlyn huweliksberader aan.
Netwerk24 se eerste blitssepie is ’n storie oor familie. Oor nalatenskap. Oor opbou en afbreek. Dit vertel ’n storie van geheime en leuens. Dit is die storie van hoe die sondes van die vaders hul kinders besoek en stel die vraag of bloed werklik kruip waar dit nie kan loop nie. Kyk nou na die 5 minuut episodes.
Registreer nou vir jou gratis proefperiode van 30 dae.
Voorsien asseblief jou E-posadres dat ons vir jou 'n boodskap kan stuur om jou wagwoord te herstel
Kan jy jou wagwoord onthou? Probeer weer om aan te meld
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.