’n Staatsgetuie in die saak oor die moord op Stefan Smit (62), wingerdboer van die Louiesenhoflandgoed buite Stellenbosch, het Woensdag probeer om eers sy gewese vrou en toe homself om die lewe te bring.
’n Jaar oue seun is Woensdagoggend glo buite Groblersdal in Limpopo byna deur sy ma keelaf gesny.
Twee van die drie mans wat in verband met die moord op ’n jong pa van Gqeberha (Port Elizabeth) in hegtenis geneem is, word in ander sake van moord en roof gesoek.
As David Miller sy goeie spelpeil kan volhou, kan hy later vanjaar in Indië ’n groot wapen vir die Proteas by die T20-Wêreldbeker-toernooi wees.
Die Britse Formule Een-renjaer Lewis Hamilton en die tennisspelers Rafael Nadal en Naomi Osaka is van die sportlui wat vir die glansryke Laureus-toekennings benoem is.
Oudpres. Barack Obama van Amerika en Suid-Afrika se gholfspelers Ernie Els en Gary Player was onder die bekendes wat Tiger Woods ’n spoedige herstel toegewens het nadat die Amerikaanse gholfster ernstig in ’n motorongeluk beseer is.
Ekonome en sakelui was Woensdag heel beïndruk met Tito Mboweni se begroting.
Die grootste sigaretverkoper in die land is geskok deur die skerp verhoging in aksyns op sigarette.
Suid-Afrika se skuldstrik trek al hoe stywer, maar die tesourie verwag nou dat staatskuld stadiger sal groei as wat in die vorige begrotingsrede verwag is.
Die ongelykheid in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel is nie al wat deur die Covid-19-pandemie blootgelê is nie. Dit het ook die samelewing nuwe respek vir die rol van onderwysers gegee, skryf Michael le Cordeur.
Demokratiese sentralisme kan nie deug in ’n land waar die grondwet mense onder meer teen die regering se magsmisbruik moet beskerm nie, skryf Pieter Labuschagne.
Vroue in hul menopouse is klaar met ’n hele paar goed. Nou is die tyd om mal te gaan, skryf Erla-Mari Diedericks en maak sommer ook ’n paar voorstelle.
’n Pa en seun wat al ’n paar jaar daarvan droom om ’n Afrikaanse stromingsdiens te begin, het tydens die staat van inperking besluit om werk daarvan te maak.
Die joernalis Izak du Plessis het drie dreigoproepe gekry tydens die verfilming van die tweede reeks van die VIA-program Boereverneukers, wat Woensdag begin.
In die Wynand Mouton-teater op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) klink akteurstemme op, die eerste keer sedert die koronavirus die gordyn op die teaterwêreld laat sak het.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
’n Jagluiperdwyfie se GPS-halsband wat gewys het dat sy nie beweeg nie, het vandeesmaand tot die ontdekking van die agtste werpsel jagluiperdwelpies by die Garden Route Game Lodge, ’n natuurreservaat tussen Albertinia en Mosselbaai, gelei.
“Ek moes dit net aanvaar, daar was nie tyd om my te bekommer oor of ek my bene gaan verloor nie.”
Hierdie heerlike pret-pakkie bevat elke dag se blokkiesraaisels, sudoku's en oplossings in Die Burger, Beeld en Volksblad. Elke Sondag word Rapport se pretbladsye bygevoeg. Druk uit en geniet!
Twee oud-skoolpêlle vang op en vergelyk notas oor hulle dames . . . soveel het verander!
Ben & Bez, 'n sketskomediereeks wat "net so 'n bietjie meer 'insane' as die werklikheid is", is van 2 Februarie op Netwerk24 te sien.
Watter donker geheim probeer Gates tot elke prys toesmeer?
Registreer nou vir jou gratis proefperiode van 30 dae.
Voorsien asseblief jou E-posadres dat ons vir jou 'n boodskap kan stuur om jou wagwoord te herstel
Kan jy jou wagwoord onthou? Probeer weer om aan te meld
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.