Die polisie het sowat agt miljoen bewysstukke “verloor” nadat die rekenaarstelsel wat speurders help om tred te hou met forensiese monsters wat op misdaadtonele versamel word, afgeskakel is weens ’n dispuut oor wanbetaling.
’n Yskor-pensioentrekker van Vanderbijlpark is in ’n staatshospitaal aan septisemie dood omdat ’n mediese fonds ’n onbekostigbare luukse was sedert hy sy aftreegeld in die Krion-piramideskema verloor het.
Net minder as ’n jaar nadat Jéan Vosloo en Mari Hoon in die stort van ’n Oos-Kaapse gastehuis, Die Kliphuis, gesterf het, ondersoek die polisie nou klagte van strafbare manslag.
Die Bulle-senter Cornal Hendricks is al oor baie hekkies in sy sportloopbaan. Nou wag daar nog een op hom voordat hy in Julie en Augustus moontlik saam met die Blitsbokke aan die Olimpiese Spele in Tokio kan gaan deelneem.
Die Bok-kaptein Siya Kolisi het bygedra tot Bongi Mbonambi se besluit om weer ’n aanbod van die Haaie te oorweeg. Kolisi, wat reeds Durban toe getrek het, het blykbaar sy voormalige WP-spanmaat gebel en hom bearbei.
Die gedagte dat hy die Proteas tot iets baie spesiaals kan lei, laat Temba Bavuma se hart vinniger klop.
Ek het dié week twee navrae gekry van lesers oor die waarde van ’n vruggebruik in ’n boedel waar die oorledene die vruggebruiker was. So, kom ons gesels bietjie oor vruggebruike.
In 2013 het 13% van werkende Suid-Afrikaners met die trein by die werk gekom; sewe jaar later het dit tot net 3% geval.
In Menseregtemaand van hierdie 26ste jaar van ons demokrasie, gegrond op menswaardigheid, gelykheid en vryheid, is rassisme steeds met ons.
Hy het nooit as te nimmer gesê die DA wil in koalisie met die ANC gaan nie, sê die DA-leier, John Steenhuisen.
’n Belangrike uitspraak in die Kaapse hooggeregshof kan dit vir groot korporasies baie moeiliker maak om hul kritici te boelie, skryf François Smuts.
Met sy vermaaklike meta-misdaadroman Die duiwel maak my hart so seer doen François Bloemhof presies wat die agterplat beloof: Hy verbreek die reëls van misdaadfiksie, skryf Jonathan Amid.
Die briewe en onberispelike navorsing en tyd- en konteksgerigte feite in die pragboek ‘Sulke vriende is skaars’ verleen nuwe lewe aan die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenis, skryf Paul Boekkooi.
‘Die kind se naam is Anneke’, wat volg op ‘Bloedvreemd’, Juliana Coetzer se blitsverkoper-debuut oor haar dogter se breinsiekte, raak die leser diep omdat dit so ’n spektrum van emosies ontlok en nuwe perspektief bring op persoonlike verlies, skryf Riette Rust.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
As jy deesdae na sekere televisie- en radio-advertensies kyk en luister, sou jy nie sê die wêreld is in die wurggreep van die Covid-19-pandemie nie. Hoekom nie? vra Landi Slatter.
Covid-19 het 2020 genagmerrie. Aan die motorfront is baie motors lank ná hul bestemde datum bekend gestel, maar daar wás hoogtepunte. Egmont Sippel noem ’n laaste klompie.
Lekker. Dié woord duik telkens op wanneer die aktrise Elani Dekker verwys na die episode in Netwerk24 se sketskomedieprogram, Ben & Bez, wat sy saam met die maltrap duo Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout geskiet het.
Bok-buksie "Faf de Klerk" reik onophoudelik uit na ‘n olike jong seun.
Die akteurs en komediante Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout is die hoof- en onderhoofseun van Afrikaanse komedie.
Registreer nou vir jou gratis proefperiode van 30 dae.
Voorsien asseblief jou E-posadres dat ons vir jou 'n boodskap kan stuur om jou wagwoord te herstel
Kan jy jou wagwoord onthou? Probeer weer om aan te meld
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.