’n Bejaarde vrou van Pretoria is dood nadat sy vermoedelik deur aanvallers versmoor is.
Vermeende kabeldiewe in Bishop Lavis het Donderdag hul rieme styfgeloop teen Kaapse wetstoepassers wat nie deur koeëls afgeskrik is nie.
Altesame 86 moorde is verlede naweek in die Wes-Kaap gepleeg, waarvan nagenoeg 47 in die Kaapse Skiereiland was. Van dié 47 moorde was tussen 40% en 50% bendeverwant, sê bronne in die polisie.
Hy het reeds sy spykerskoene ingeruil vir ’n paar hardlooptekkies vir die marathons, maar Mo Farah sal straks in 2020 in Tokio sy 10 000 m Olimpiese titel probeer verdedig.
Kevin Pietersen, die voormalige kolwer van Engeland, glo hy het die oplossing vir die fiasko in Krieket Suid-Afrika (KSA) se raadsaal.
Die Blitsbokke het hul plek in die eindstryd van die Dubai-sewestoernooi bespreek deur Samoa Saterdag in die halfeind af te ransel.
Ook selfoondiensverskaffers gaan gebuk onder beurtkrag en sukkel om selfoontorings tydens kragonderbrekings aan die gang te hou. Só raak dit jou.
Die polisie het vandeesweek ’n man aangekeer wat na bewering toestelle verkoop het waarmee daar na DStv-kanale gekyk kan word sonder om te betaal.
Nog drie ondersoeke oor korrupsie kan moontlik in die gesondheidsektor kom bykomend tot die ses wat reeds deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) uitgevoer word.
Die knellende droogte wat al langer as vyf jaar voortsleep, het vanjaar rampafmetings aangeneem. Die bedreiging wat dit vir die ekonomie, voedselsekerheid, boere en plaaswerkers inhou, lok groot kommer landwyd.
Met ’n verswakkende ekonomie, politieke onsekerheid en voortslepende rassepolarisasie, is Suid-Afrikaners altyd op soek na iets wat hulle beter oor hul land laat voel. Min sou voorspel het dat die Bokke dít sou regkry deur die Wêreldbeker te wen, skryf Gert van der Westhuizen. Dié span, Rassie Erasmus (afrigter) en Siya Kolisi (kaptein) is Beeld se Persone van die Jaar.
Dit is nie noodwendig dat groot nuusmakers wel ’n groot of positiewe verskil maak nie. En meermale is hulle om die verkeerde redes in die nuus.
Die gedagtewêreld van die skrywer Jeanne Goosen, soos verwoord in haar unieke styl in haar persoonlike notaboeke, vind neerslag in ’n nuwe boek wat volgende week deur Hemel & See uitgereik word.
Die Brits-Australiese sanger Leo Sayer sê hy tree al so lank in Suid-Afrika op dat hy die land werklik as sy derde tuiste beskou.
Maak reg vir ’n wilde feestyd, want die “wêreld se snaaksste natuurbewaarder” kom Kaapstad toe. Die gewilde solostuk Benny Bushwhacker: Human Nature sluit sy nasionale toer in die Baxter af. SZ Minnaar het met Ben Voss gesels.
’n Tweede aanlyn blitsreeks kom in Februarie 2020 na Netwerk24.
In die laaste episode van Die Testament neem die polisie iemand in hegtenis. Wie kan dit wees?
Kyk nou hierdie spesiale halfuurlange dokkie vir ’n blik op die agter-die-skerms-oomblikke met die opname van Coenie se nuwe album.
Die Suid-Afrikaanse restaurantbedryf is in oproer nadat twee van Suid-Afrika se topsjefs hulle van die Eat OutMercedes-Benz Restaurant-toekennings onttrek het. Carla Lewis kyk na die bohaai.
Die feestyd, wanneer almal jolig en vrolik blyk te wees, kan ’n moeilike tyd wees vir mense met depressie, en ook vir hul geliefdes wat self ondersteuning nodig het.
Teedrink en die bediening daarvan is ’n daaglikse gebruik vir so baie mense wêreldwyd en is ryk aan seremonie en deurtrek van tradisie.
Registreer nou vir jou gratis proefperiode van 30 dae.
Voorsien asseblief jou E-posadres dat ons vir jou 'n boodskap kan stuur om jou wagwoord te herstel
Kan jy jou wagwoord onthou? Probeer weer om aan te meld
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.