“Ek het nog nooit eens die vrou ontmoet nie.” So sê Joggie Rautenbach, direkteur van die skoolsaamrygeleentheidsdiens LiftLink.
Skelms by ’n koringmeule in Pretoria het nou al só voorbarig geword dat hulle diesel, batterye en koperkabels van vragmotors steel terwyl die bestuurders wag om hul vrag af te laai.
’n Vergadering waar werkers van die Raad op Eiendomsagente (EAAB) griewe oor hul omstrede hoof wou bespreek, het ontspoor toe haar man met ’n vuurwapen daar ingestorm het.
Manchester United moes Saterdagaand ’n onophoudelike aanslag deur sy bure en aartsvyand, Manchester City, afweer om sy Premierliga-stryd met 2-1 te wen.
Met die Blitsbokke se sege in die Doebai-sewestoernooi Saterdag het hulle ’n waarskuwing aan die ander spanne in Wêreldrugby se sewesreeks gestuur.
Die Chiefs se nuwe breier, Warren Gatland, het ’n waarskuwing aan sy span se All Blacks gerig dat geen plek in sy beginspan as vanselfsprekend aanvaar kan word nie.
Om enige pakkie in die pos te verloor is ongerieflik, maar as die pakkie ’n vliegtuigenjin is, is dit ’n ramp.
Die vleisbedryf is verder geknou toe die regering ’n landwye verbod op alle veilings en skoue van diere met gesplete hoewe ingestel het.
Hoe word skuld hanteer in huwelike binne gemeenskap van goed? Nico van Gijsen verduidelik.
Die PUK – deesdae die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit – sou vanjaar 150 jaar oud gewees het. Izak Malherbe vertel van ’n tyd toe die vreedsame kampus aan die Mooirivier ’n oorlogsone was.
Die Britse rockgroep Pink Floyd se ‘The Wall’ is een van daardie albums waarvan alle ware rockliefhebbers veronderstel is om te hou, maar hy luister baie eerder na Abba, skryf Desmond Painter.
Toe die raad van Krieket Suid-Afrika (KSA) Thabang Moroe Vrydagoggend geskors het, was dié beleërde uitvoerende hoof nog salig onder die indruk hy het die hef in die hand.
Dié nuwe niefiksietitels sal welkom wees in feiteliefhebbers se Kerskouse.
‘Breyten Breytenbach: Woordenaar, woordnar’ is ’n veelfasettige huldeblyk aan dié 80-jarige towenaar van die taal, skryf Ronel de Goede Foster.
Al is Chris Schoeman se deeglik nagevorste ‘Rebel’ oor kmdt. Hans Lötter ’n welkome publikasie, wonder Bill Nasson of ons nie nou die Anglo-Boereoorlog aan die romanskrywers moet oorlaat nie.
’n Tweede aanlyn blitsreeks kom in Februarie 2020 na Netwerk24.
In die laaste episode van Die Testament neem die polisie iemand in hegtenis. Wie kan dit wees?
Kyk nou hierdie spesiale halfuurlange dokkie vir ’n blik op die agter-die-skerms-oomblikke met die opname van Coenie se nuwe album.
Terwyl Suid-Afrikaners wroeg oor die nuwe, baie reguit kurrikulum vir seksvoorligting in skole, leer vierjariges in Nederland vir jare al die korrekte name vir hul geslagsdele en kinders so jonk as agt weet wat masturbasie is, skryf Inge Kuhne.
Jare al jaag sy op die N7 verby Koringberg, dan Piketberg, op met die pas na Citrusdal. Min wetende dat daar bo-op die bloupers Piketberge ’n vooruitstrewende plaasgemeenskap is waar van ons land se beste vrugte en blomme vandaan kom. Dié keer het Maryke Roberts afgetrek.
Kos is meer as net petrol vir ons pense. Dit verklap iets van die eter. En dis ook ’n bewys dat biltong eet ook die myle van die langpad opeet. Of so beweer Leon-Ben Lamprecht.
Registreer nou vir jou gratis proefperiode van 30 dae.
Voorsien asseblief jou E-posadres dat ons vir jou 'n boodskap kan stuur om jou wagwoord te herstel
Kan jy jou wagwoord onthou? Probeer weer om aan te meld
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.