’n Veiligheidswag is beseer toe die voertuig waarin sy geskuil het Sondag by die Coastal Park-stortingsterrein met ’n petrolbom bestook is.
Twee motoriste is Dinsdag gedurende ’n transitorooftog buite Carletonville in Gauteng beseer.
Sowat ’n maand voordat hy buite sy huis naby Calitzdorp vermoor is, het die 66-jarige Lourens de Villiers, ’n oud-nuusregisseur van die SAUK, ’n verbygaande motoris gevra om hulp by die polisie te gaan kry.
Die Internasionale Krieketraad (IKR) is vol vertroue dat Indië in die komende Britse somer na Engeland sal kan reis, al is dié land nou ook op Brittanje se “rooilys”.
Brandon Stone benader dié week se Limpopo-kampioenskap asook die daaropvolgende twee toernooie in die Sonskynreeks met een doel voor oë – as voorbereiding vir volgende maand se Amerikaanse PGA-kampioenskap.
Die Westelike Provinsie hoop steeds om die Wêreldbeker-sterre Pieter-Steph Du Toit en Bongi Mbonambi te oortuig om hul kontrakte tot ná Oktober te verleng, maar sal nie onkant betrap word as hulle die Kaap verlaat nie.
Die deursnee-toeris na Suid-Afrika is besig om te verander soos wat oorsese lande se inperkings die tradisionele besoekers verhinder om hierheen te reis.
Werk is geskep selfs te midde van die Covid-19-pandemie en gepaardgaande verbod op drank- en sigaretverkope.
Nuwe funksies op die bank se app maak dit glo makliker.
Watter stukkie van jou lewe en jou geskiedenis pak jy op? Jou ma se as of Krokkie die krokodil? Willemien Brümmer vertel van die dag toe hul buurt byna deur die vlamme uitgewis is.
’n Swartgallige lewensuitkyk is iets wat ek niemand toewens nie. Om elke dag op te staan met ’n verdoemenis wat oor jou hang, moet ’n foltering wees.
Ons is midde-in die digter se maand.
Die Boer-teater in Durbanville, wat in Januarie sy deure weens die uitwerking van die Covid-19-pandemie moes sluit, gaan hopelik weer in September herleef.
Volwassenes is dikwels sku om oor kwessies soos seksuele misbruik te praat. So kom skuldiges weg.
Vier beeldskone, suksesvolle vroue – kindervriende wie se paaie as volwassenes weer kruis – het ou wrokke om uit die weg te ruim soos nuwe vyandigheid opvlam.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Dink twee keer voordat jy jou tuin met gryswater uit jou wasmasjien natlei, want dit is skadelik vir die grond en jou plante sal nie floreer nie.
Voor die ramp het die trein verskriklik geruk en 'soort van gebokspring'.
Die 'donderende gestoom' van ’n stoomlokomotief wat Bakang Seinolo vir die eerste keer ooit die afgelope naweek met ’n breë glimlag beleef het, was sy beloning nadat hy as vrywilliger gehelp het om dié ou ysterreus in Kimberley op te knap.
Dis baie meer as net 'n liefdesverklaring toe familiegeheime om die etenstafel ontbloot word in die 12de episode van Ben & Bez.
Skote petoors! 'n Mens sou sweer dis veldskool in die 11de episode van die sketskomediereeks Ben & Bez!
Lekker. Dié woord duik telkens op wanneer Elani Dekker verwys na die episode van 'Ben & Bez' wat sy saam met Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout geskiet het.
Registreer nou vir jou gratis proefperiode van 30 dae.
Voorsien asseblief jou E-posadres dat ons vir jou 'n boodskap kan stuur om jou wagwoord te herstel
Kan jy jou wagwoord onthou? Probeer weer om aan te meld
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.