Die polisie en lede van die wetstoepassingsowerhede in Kaapstad moes Vrydag meer as 1 000 leerlinge – wat hul Valentynsdagvieringe in Claremont voortgesit het – uitmekaar dryf.
Een van die vermeende plaasmoordenaars wat in Desember uit ’n sel by die Hartbeespoort-polisiekantoor ontsnap het, is Woensdag aangekeer.
Jy sal nooit weet wat jy rook nie, sê Werner Koekemoer, ’n private ondersoeker, oor die omstrede Herbal Blend-middel wat onlangs weer in Pretoria opgemerk is.
Nadat daar dadels gekom het van sy proeflopie by Munster met sy vorige besoek aan Ierland, gaan Dries Swanepoel nou in dieselfde land sy eerste volwaardige Pro14-wedstryd speel.
So vlugvoetig en onvoorspelbaar as wat die Bulle se agterspelers deesdae lyk, is dit steeds die voorspelbare element in hul spel wat die Stormers die meeste bekommer voor Saterdag se Superrugby-derby op Loftus Versfeld.
Kyle Steyn, voormalige kaptein van Griekwas, maak Saterdag sy buiging vir die Glasgow Warriors in die Pro14-rugbyreeks.
In sy eenvoudigste vorm hang spaar vir aftrede van drie faktore af: tyd, bydraes en opbrengs.
Dekking teen gevreesde siektes is een van die gebiede van finansiële beplanning wat dikwels agterweë bly wanneer mense oor hul versekering dink.
Eskom se jongste ronde beurtkrag het Suid-Afrikaners onkant betrap. Hier is wenke wat jou onbeplande ritte winkel toe kan spaar.
Pres. Cyril Ramaphosa het ’n “nuwe” SAPD-gemeenskapspolisiëringstrategie aangekondig, maar dit blyk asof dié strategie nie nuut is nie en nie meer doeltreffend gaan wees as vorige pogings nie, skryf Guy Lamb.
’n Bergskilpad wat 20 minute lank reënwater drink, daarna sy kop in die waterplas hou; ’n enkele blommende granaatbos binne ’n kaalgestroopte skaapkamp; buie wat streep-streep val en verligting maar geen wonderkuur vir die rampgebied bring nie. Dís tonele wat Sarie Marais-Nell laas week rondom Beaufort-Wes aangetref het.
Dit is in hierdie dae 40 jaar gelede dat die Islamitiese Revolusie in Iran plaasgevind het. Dit was ’n gebeurtenis wat die wêreld geskud het en die wêreldpolitiek steeds beïnvloed. Leopold Scholtz berig.
’n Klassieke familiedrama van een van die grootste Amerikaanse dramaturge is verwerk in Afrikaans vir die 20ste US Woordfees in Stellenbosch.
Arnold Coleske, “Grootbaas” van Die Kontrak en direkteur van Afrikaans is Groot het gedink sy “einde het aangebreek” toe hy aangeval is.
Wilhelm van der Walt, wat Donderdag die Fiësta as beste akteur vir sy rol in die toneelstuk Klippe wat val ontvang het, het vroeg besef met dié karakter sou hy ’n “haas uit ’n hoed moes pluk”.
Geklee in ’n deftige swart pak en op die maat van ’n geliefkoosde liedjie het ’n onderwyser van Grey-kollege op Valentynsdag sy meisie op die een knie en onder luide toejuiging in die skoolsaal om die jawoord gevra.
’n Kranige hengelaar (6) van die Suid-Kaap wat self slegs 22 kg weeg, het op eie stoom ’n skeurtandhaai van by die 130 kg uitgetrek.
Jana Brasil, ’n fotograaf van Brasilië wat spesialiseer in geboortes, het fassinerende foto’s geneem van ’n baba wat volkome deur middel van ’n keisersnee in sy vrugwatersak gebore is.
Registreer nou vir jou gratis proefperiode van 30 dae.
Voorsien asseblief jou E-posadres dat ons vir jou 'n boodskap kan stuur om jou wagwoord te herstel
Kan jy jou wagwoord onthou? Probeer weer om aan te meld
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.