’n 15-jarige seun is Vrydagmiddag in ’n skietvoorval in Delft, Kaapstad, dood en ’n meisie van 13 is in dieselfde voorval gewond.
’n Tuinwerker het Saterdag afgekom op die lyk van ’n 54-jarige vrou wat in haar huis op ’n kleinhoewe buite Mbombela in Mpumalanga oorval is.
In ’n derde gesinstragedie binne ’n kort tydjie naby Upington in die Noord-Kaap is die lyke van twee jong sussies en later dié van ’n man, vermoedelik die kinders se pa, uit ’n kanaal gehaal.
Met die Blitsbokke se sege in die Doebai-sewestoernooi Saterdag het hulle ’n waarskuwing aan die ander spanne in Wêreldrugby se sewesreeks gestuur.
Die Chiefs se nuwe breier, Warren Gatland, het ’n waarskuwing aan sy span se All Blacks gerig dat geen plek in sy beginspan as vanselfsprekend aanvaar kan word nie.
Daar gaan lang trane in die Blitsbok-kamp gehuil word wanneer Rosko Specman hom ná aanstaande week se Kaapstad-sewestoernooi weer by die Bulle aansluit.
Eskom het aangekondig hoe Sondag daarna gaan uitsien wat beurtkrag betref.
Ook selfoondiensverskaffers gaan gebuk onder beurtkrag en sukkel om selfoontorings tydens kragonderbrekings aan die gang te hou. Só raak dit jou.
Die polisie het vandeesweek ’n man aangekeer wat na bewering toestelle verkoop het waarmee daar na DStv-kanale gekyk kan word sonder om te betaal.
Die knellende droogte wat al langer as vyf jaar voortsleep, het vanjaar rampafmetings aangeneem. Die bedreiging wat dit vir die ekonomie, voedselsekerheid, boere en plaaswerkers inhou, lok groot kommer landwyd.
Met ’n verswakkende ekonomie, politieke onsekerheid en voortslepende rassepolarisasie, is Suid-Afrikaners altyd op soek na iets wat hulle beter oor hul land laat voel. Min sou voorspel het dat die Bokke dít sou regkry deur die Wêreldbeker te wen, skryf Gert van der Westhuizen. Dié span, Rassie Erasmus (afrigter) en Siya Kolisi (kaptein) is Beeld se Persone van die Jaar.
Dit is nie noodwendig dat groot nuusmakers wel ’n groot of positiewe verskil maak nie. En meermale is hulle om die verkeerde redes in die nuus.
Die gedagtewêreld van die skrywer Jeanne Goosen, soos verwoord in haar unieke styl in haar persoonlike notaboeke, vind neerslag in ’n nuwe boek wat volgende week deur Hemel & See uitgereik word.
Die Brits-Australiese sanger Leo Sayer sê hy tree al so lank in Suid-Afrika op dat hy die land werklik as sy derde tuiste beskou.
Maak reg vir ’n wilde feestyd, want die “wêreld se snaaksste natuurbewaarder” kom Kaapstad toe. Die gewilde solostuk Benny Bushwhacker: Human Nature sluit sy nasionale toer in die Baxter af. SZ Minnaar het met Ben Voss gesels.
’n Tweede aanlyn blitsreeks kom in Februarie 2020 na Netwerk24.
In die laaste episode van Die Testament neem die polisie iemand in hegtenis. Wie kan dit wees?
Kyk nou hierdie spesiale halfuurlange dokkie vir ’n blik op die agter-die-skerms-oomblikke met die opname van Coenie se nuwe album.
Die Suid-Afrikaanse restaurantbedryf is in oproer nadat twee van Suid-Afrika se topsjefs hulle van die Eat OutMercedes-Benz Restaurant-toekennings onttrek het. Carla Lewis kyk na die bohaai.
Die feestyd, wanneer almal jolig en vrolik blyk te wees, kan ’n moeilike tyd wees vir mense met depressie, en ook vir hul geliefdes wat self ondersteuning nodig het.
Teedrink en die bediening daarvan is ’n daaglikse gebruik vir so baie mense wêreldwyd en is ryk aan seremonie en deurtrek van tradisie.
Registreer nou vir jou gratis proefperiode van 30 dae.
Voorsien asseblief jou E-posadres dat ons vir jou 'n boodskap kan stuur om jou wagwoord te herstel
Kan jy jou wagwoord onthou? Probeer weer om aan te meld
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.