’n Bloedbad word op die Kaapse Vlakte en die Boland verwag nadat ’n nabye familielid van Ernie “Lastig” Solomon, vermeende leier van die 28’s-bende, Vrydag in Chicago, Paarl, doodgeskiet is.
Tot ’n dag voor sy dood, het Costa Panayiotou nog in sy seun Christopher se onskuld geglo en gehoop om dit te help bewys.
Gemeenskapsveiligheid in die Oos-Kaap is in die gedrang met die aantal reserviste wat drasties verminder is.
Die Duitse gholfspeler Esther Henseleit (20) het die naweek slegs die derde speler in die Europese gholfreeks vir vroue geword wat in dieselfde seisoen boaan die Geldwennerslys geëindig het en as Nuweling van die Jaar gekroon is.
Ross Moriarty, Wallis en Dragons se agtsteman, is in ’n wedloop teen tyd gewikkel om fiks te wees vir die Sesnasies-reeks nadat hy by die Wêreldbeker-toernooi in Japan ’n virus opgedoen het.
Die groot verrassing die naweek was die uitslag in die Manchester-derby.
Die voortdurende kragonderbrekings is verwoestend vir die ekonomie en die woede daaroor is verstaanbaar, het pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand gesê nadat die land ’n paar uur lank in fase ses-beurtkrag gedompel is.
“Eskom se noodreaksiesentrum en tegniese spanne sal deurnag werk om kragopwekkingseenhede so gou moontlik weer aan die gang te kry.”
Geen ekonomiese groei kan vir die vierde kwartaal vanjaar verwag word nie weens beurtkrag, waarsku Wayne McCurrie, beleggingsbestuurder by FNB.
All hearts come home for Christmas. Die letters is in rooi geverf op ’n reghoekige metaalplaat met ’n verweerde voorkoms. Anders as al die besonderse Kersversieringe wat sy deur die jare versamel het, is hierdie eenvoudige item die een wat direk tot haar hart spreek.
Een van die komieklike dog ook verfoeilike verskynsels in die hedendaagse debat onder Afrikaanssprekendes is die selfbejammering van ’n groot groep ultra-regses oor hul beweerde ekonomiese agteruitgang in die nuwe Suid-Afrika.
Tien jaar gelede, toe ek nog ’n doktorale student was, het twee vroue-akademici ons departement kom toespreek oor die uitdagings waarmee vroue in hul akademiese loopbaan te doen het.
Die program van die 17de Suidoosterfees loop oor van ’n ryk verskeidenheid.
Musiekgenres van A tot Z gaan in 2020 kliphard in Kaapstad opklink wanneer die Suidoosterfees van 27 April tot 3 Mei aangebied word.
Zozibini Tunzi (26) se kroning as Mej. Heelal 2019 het Maandag almal op Twitter aan die praat gehad - van voormalige skoonheidskoninginne tot die president - wat tou staan om haar geluk te wens.
Die feestyd is om die draai en die groot werk van Kersete maak lê nog voor!
’n Tweede aanlyn blitsreeks kom in Februarie 2020 na Netwerk24.
Kyk nou na Die Testament sonder onderbreking!
Phyl-Mari Heyneke van Midstream, die Septemberwenner van Beeld se Bruid van die Jaar, is op 14 September met Allen getroud. Sy vertel meer oor haar groot dag.
’n Skatkis van stormagtige verhale oor vuurtorings kan oor die wêreld heen vertel word. Wanneer twee oseane mekaar boonop daar ontmoet, draai die moet-sien-knope op Heleen Coertze se radar wawyd oop.
Soos die kraai vlieg, is McGregor en Greyton ’n skrale 14 km uit mekaar. Padlangs praat ons egter ’n ander storie, skryf Jannie van Rensburg.
Registreer nou vir jou gratis proefperiode van 30 dae.
Voorsien asseblief jou E-posadres dat ons vir jou 'n boodskap kan stuur om jou wagwoord te herstel
Kan jy jou wagwoord onthou? Probeer weer om aan te meld
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.