Rowers het die eienaars van die bekende Seaview Predator Park buite Gqeberha (Port Elizabeth) in hul park voorgelê en aangerand.
Die polisie het Maandag op ’n swart sportsak met wapens en ammunisie langs die N2 by Swellendam afgekom.
’n Polisielid van Manenberg in Kaapstad is in hegtenis geneem in verband met ’n noodlottige skietvoorval toe twee mans die naweek by ’n hut in Delft ingebars en wild begin skiet het.
Diegene wat uitgehonger is om die Blitsbokke weer in aksie te sien, kan maar solank ’n aantekening in hul dagboeke maak, want die wiele is aan die rol vir die Kaapstad-sewestoernooi om vanjaar plaas te vind.
Dale Steyn het hom die gramskap van miljoene Twitter-gebruikers van Indië op die lyf geloop nadat hy in ’n onderhoud gesê het dit is meer lonend om in ander T20-ligas as die Indiese Premierliga (IPL) te speel.
Japan se regering oorweeg dit om oorsese toeskouers in Julie by die Olimpiese Spele in Tokio te verbied, het die Japanse koerant Mainichi Woensdag berig.
African Rainbow Minerals gaan sy beleggers met ’n tussentydse dividend beloon ná ’n puik halfjaar.
Die koronaviruspandemie het die swartbeheerde beleggingsgroep Brimstone positief én negatief geraak, wys sy jongste jaarresultate.
Standard Bank verwag dat sy wins per aandeel vir die boekjaar tot einde Desember met tussen 45% en 55% kan daal.
Tydens die ampstermyn van pres. Richard Nixon het wantroue tussen die Withuis en die perskorps so ’n laagtepunt bereik dat die term “geloofwaardigheidsgaping” ontstaan het.
Politieke partye kan nou weer saamtrekke hou ná die aankondiging dat inperkingsmaatreëls verslap word.
Die afgelope begroting het groot belangstelling gewek met uiteenlopende reaksies. Dit is verstaanbaar. Ons toekoms is op die spel en mense voel dit aan.
Die 11de kykNET Fiëstas vind plaas met glans, glorie en hope inspirasie. Die prysaand, ’n hoogtepunt vir Afrikaanse kunstenaars en kunstefeeste, is die afgelope naweek opgeneem en word Sondag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.
’n Konvensionele opening van Rus en vrede, ’n uitstalling van stillewes in die breë sin van die woord, is weens Covid-19-regulasies buite die kwessie. Maar dié uitstalling verteenwoordig wel die virtuele opening van die Kotzé-kunsgalery.
Net 38 musiekliefhebbers sal die voorreg hê om vandeesweek na ’n simfoniekonsert deur die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO) in ’n konsertsaal te luister. Dit boonop met die bekroonde Esthea Kruger as pianis, die gevierde dirigent Bernhard Gueller
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
155 leerlinge van ’n afgeleë nedersetting in Noordwes hoef nie nou meer elke dag tot 5 km skool toe te stap nie.
’n Ouma van Pretoria hekel ’n hond uit ’n bos aan babakombersies vir ’n goeie doel – en dít te midde van swak sig, artritis en kanker.
Groot Constantia, Suid-Afrika se oudste wynproduserende landgoed, het aangekondig dat hy sy Vintage Vault gaan oopmaak en beperkte hoeveelhede van die skaarsste en beste wyne in die land beskikbaar gaan maak om gekoop te word.
Die akteurs en komediante Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout is die hoof- en onderhoofseun van Afrikaanse komedie.
Allesbehalwe 'n "cheap date"!
‘n Eenvoudige celebrity-belofte maak skuld...
Registreer nou vir jou gratis proefperiode van 30 dae.
Voorsien asseblief jou E-posadres dat ons vir jou 'n boodskap kan stuur om jou wagwoord te herstel
Kan jy jou wagwoord onthou? Probeer weer om aan te meld
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.