Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
5 splinternuwe shows skop dié week af op VIA!

VIA (DStv-kanaal 147) vermaak kykers weer met vars, interessante en avontuurlike inhoud. Maak kennis met vyf fantastiese nuwe programme op VIA:

Dinsdag:

Skud dit af bring Alvin Bruinders en Gerhard Steyn terug VIA toe. Dié keer skuif die twee pelle die wegneemetes eenkant en fokus op gesond eet en gewig verloor. Gaan dié twee manne die kilo’s kan afskud? Kyk hoe die aanbieder, Melinda Bam, die sweep klap. – Van 20 April Dinsdae om 17:00.


Doodgewone Jo is die bebaarde ster met die fluweelstem Jo Black se eie geselsprogram. Hy nooi bekende gaste om te kom kuier en gesels oor alles waarin hy belangstel: sport, jag, CrossFit, klassieke motors – selfs tegnologie. Met ’n spesiale doen-dit-self-sessie met Tjhoko Paint. – Vanaf 20 April elke Dinsdag om 20:30.


Woensdag:

Herman Lensing het geen bekendstelling nodig nie, en in sy nuwe kosprogram, Herman se kortpaaie, wys dié koskenner jou hoe. Lekker kos in min tyd is waarop Herman in dié reeks fokus – kulinêre kortpaaie in minder as 30 minute. Van 21 April elke Woensdag om 17:00.

In Eendag, aangebied deur die aktrise Reandi Grey, kry paartjies uiteindelik hul troudag – boonop as ’n present. Maar daar is ’n kinkel – hulle moet die troue binne net een dag reël. Is dit ooit moontlik? Kyk self! Van 21 April elke Woensdag om 20:00.


Donderdag:

En net betyds vir die naweek kuier ons in die tuin met Tuintoere. Stap saam met die aanbieder, Derrich Gardner, deur van Suid-Afrika se mooiste groen oases. Van 22 April elke Donderdag om 16:30.

Meer oor:  Gerhard Steyn  |  Herman Lensing  |  Alvin Bruinders  |  Jo Black  |  Melinda Bam  |  Derrich Gardner  |  Via  |  Tv  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.