Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Algoa FM vereer indrukwekkende mediavroue op Vrouedag

Algoa FM gaan die vroue vereer wat grootliks bydra tot die sukses van dié gewilde Oos-Kaapse mediahuis, wat strek van die Tuinroete tot die Wildekus en Karoo in die binneland.

“Ons gaan Vrouedag vanjaar herdenk deur op die ware krag van vroue te fokus,” sê Baydu Adams, Algoa FM se programbestuurder.

Algoa FM se sterk vroue – van links is Siobhan Momberg, Roch-Lè Bloem, Queenie Grootboom, Linda Nzuzo, Briony Sparg en Lee Duru.Foto: VERSKAF

Die veldtog word deur aanbieders van Algoa FM gedryf met individuele boodskappe van die span en onderhoude met dinamiese vroue.

“Ons sal tot Sondag 9 Augustus fokus op Algoa FM-vroue in die besigheidsektor, liefdadigheidsorganisasies, modebedryf en die kunste, insluitend liedjieskrywers, musikante, regspersone, ingenieurs en sportsterre. Ons het drie van ons vernaamste vroue genooi om hul resep vir sukses in ’n veeleisende bedryf te deel.”

Ironman-atleet Siobhan Momberg, aanbieder van die vroegoggendgleuf, het ’n graad in modeontwerp. Sy het as kind met die radiowêreld kennis gemaak deur agtergrondstemopnames te doen. “Dit was vir ’n roomysmaatskappy. Ek het kleingeld verdien maar baie gratis roomys ontvang. Ek bedoel, wat kan beter wees vir ’n kind?” sê die jongste lid van die span omroepers.

Sy het in 2017 by die Algoa-familie aangesluit nadat sy ’n demo-opname ingedien het. “Die uitdagings was moeilik, maar dit het my ware karakter getoets, en ek het dinge oor myself begin bevraagteken: my oortuigings, mense van my portuur en my lewe. Dis belangrik om te besef jy sal in enige bedryf uitgedaag word. Jy moet besluit of dit jou positief of negatief gaan beïnvloed,” sê sy.

Momberg ondersteun graag ander. “As mense my raad soek, of as ek sien ek kan iemand se lewe makliker maak, help ek graag. Ek glo mens se aksies het gevolge. Dis beter om positiewe as negatiewe dinge aan te trek!” voeg sy by.

“Siobhan is alreeds op pad na sterstatus. Haar natuurlike talent word versorg en ontwikkel by Algoa FM,” sê Adams.

Momberg skryf haar tydgleuf se gewildheid toe aan goeie spanwerk. “Ondersteun jou spanlede te alle tye. Die dag sal wel aanbreek dat jý hul ondersteuning gaan benodig,” sê sy.

Ma van twee Queenie Grootboom se reis by Algoa FM het saam met haar man, Mio Khondleka, begin as deel van ’n omroeperspaartjie. Na jare se saam uitstaai, sê Grootboom die moeilikste uitdaging was om te aanvaar sy kan dit alleen doen toe sy ’n solo-gleuf aangebied is.

“Queenie is een van die mees ervare en afgeronde radio-omroepers in Suid-Afrika. Ons het besef dis tyd dat sy op haar eie skitter. Haar empatie vir luisteraars is een van die kernfaktore wat haar aandprogram van 19:00 tot 22:00 so gewild maak,” sê Adams.

“Dis een ding om radio as ’n werksruimte te verstaan, maar dis ’n ander soort uitdaging om mense agter die radio te verstaan asook die luisteraar wat jou leer ken met jou swak- én sterkpunte en jou dan aanvaar,” sê Grootboom.

Siobhan is alreeds op pad na sterstatus. Haar natuurlike talent word versorg en ontwikkel by Algoa FM,
Baydu Adams, Algoa FM se programbestuurder.

“Ek is deur ’n moeilike tyd, want dit was baie persoonlik vir my, maar met goeie ondersteuning, kon ek die verandering omarm en ontwikkel in ’n mens met haar eie stem en menings - vreemde menings en beskouings - maar dis ék,” brei sy uit.

“Mense hoef nie hulself aan my te bewys nie. Wie is ek om enigeen te oordeel as ek nie weet watter persoonlike uitdagings hulle daagliks moet oorkom nie? Dis vir my belangrik om lewenslesse te deel met elke geleentheid wat ek kry. Ek leer elke dag iets nuuts en is opreg verras deur die gratis advies wat ons met mekaar deel tydens my program. Almal sal nie noodwendig met jou saamstem nie, maar plant die saadjies, die idees, die oplossings, en wie weet, so red ons dalk ’n lewe per dag?” meen sy.

Roch-Lè Bloem, ’n oproeper met ’n honneursgraad in joernalistiek en mediastudies en ’n graad in media, kommunikasie en kultuur, is iemand om mee rekening te hou in die Oos-Kaapse mediawêreld. Haar reis met radio het op 19 begin toe ’n vriend haar vertel het van ’n plaaslike gemeenskapsradio wat aanbieders soek. “Vir my is elke mylpaal ’n oorwinning wat waarde toevoeg tot jou reis; dus, jy behaal sukses met elke mylpaal wat jy bereik. Moenie jouself beperk nie. Dis goed om korttermyn- én langtermyndoelwitte te hê asook visie, en dis oukei om jou korttermyn-suksesse te vier,” is haar mening.

Buiten om die nuus te lees en medeaanbieder van die Algoa FM-middagprogram te wees, bestuur Roch-Lè haar eie media- en kommunikasiemaatskappy in Port Elizabeth. Sy is ook medestigter van die Cycle Sisters, ’n niewinsgewende organisasie (NGO) in samewerking met ’n ander NGO, Love Story. Cycle Sisters verskaf sanitêre doekies aan benadeelde vroue en meisies.

Haar veelvuldige rolle sluit in mentorskap aan vroue en meisies in die Oos-Kaap, motiveringspreker, seremoniemeester, openbare spreker, fiksheidsinstrukteur en dosent in uitsaaiwese en media. “Ek bemoedig mense deur my eie verhaal te deel en hoop te gee aan jongmense. Ek bemagtig ook mense deur my kennis met hulle te deel en hulle te ondersteun. Ek glo dat mense nie ander moet afkraak nie. Ondersteun en deel kennis om individue op te bou en te bemagtig om hul drome te volg en te verwesenlik. Vroue in die moderne samelewing moet oorspronklik wees. Moenie iemand anders probeer wees nie of soos iemand anders wil lyk nie. Leer om jou tekortkominge te aanvaar en omarm. Laat ander vroue om jou voel hulle word liefgehê, ondersteun en bemagtig,” is haar boodskap aan vroue.

“Hierdie is slegs drie van die inspirerende vroue in ons kampioenspan by Algoa FM. Dit is ’n voorreg om saam met mense te werk wat so ’n merkbare verskil in ander se lewens maak,” sê Alfie Jay, besturende direkteur van Algoa FM.

Vir meer inligting oor Algoa FM, bel vir Lesley Geyer by 072 372 1900 en stuur e-pos na Lesley.G@algoafm.co.za, of Ed Richardson by 041 582 3750/083 656 9757 of stuur e-pos na edrich@siyathetha.com.

Meer oor:  Algoa Fm  |  Vrouedag  |  Indrukwekkend  |  Mediavroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.