Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Curro Create bring die opwinding van Broadway na Stellenbosch!

Die atmosfeer is gespanne. Twee mans, vasbeslote om te moor, sirkel om mekaar, wag asemloos vir die oomblik om toe te slaan.

Hulle oë is op mekaar vasgenael, soos roofvoëls wat dophou vir die geringste teken van vrees of swakheid. Die sirkel word al kleiner, meer kloustrofobies – die kol van ’n teiken.

Hulle haal ’n laaste keer diep asem, en dan, 5-6-7-8!, die Fosse-geïnspireerde choreografie begin met ’n perkussiedeuntjie terwyl hulle mekaar tot onderwerping dans. ’n Sopraan se stem vul die ouditorium terwyl die twee mans mekaar die dansstryd aansê.  Ah, musiekblyspele!

Waar anders sal ’n mens ’n politieke debat hê wat skielik in ’n rap-stryd verander? Waar anders sing ’n mens ’n pragtige ballade voor jy jou laaste asem uitblaas? Waar anders word ’n geweerskoot deur ’n tromslag vervang, kan ’n singende plant uit die buitenste ruimte jou hart steel of kan jy die menseregtebeweging (en ’n goeie dosis geslagspolitiek) saamvat met goeie, ouderwetse ruk-en-rol?

Die antwoorde op die bogenoemde is (in die volgorde van die vrae): Hamilton, Les Misérables, Chicago, Little Shop of Horrors en Hairspray.

Dit is maar net ’n paar van die vertonings wat deel vorm van From Broadway to Bird Street/Van Broadway na Birdstraat, ’n wonderlike nuwe produksie van die bekroonde teatermakerspan, Hennie van Greunen en Pedro Kruger, saam met musikale regisseur, Melissa van der Spuy.

’n Geselskap van 27 sal hulle pad tot in jou hart sing en dans in hierdie viering van ons gunsteling-musiekblyspele.

Wat hierdie vertoning anders maak as enige ander Broadway-geïnspireerde vertoning wat jy al ooit gesien het, is dat die liedjies almal in konteks geplaas word en dat die kunstenaars volledige kostuums en grimering sal dra, afgerond met  verstommende choreografie en wonderlike klank en beligting om vir jou werklik ’n vlugtige blik te gee van wat jy dalk in een van die weelderige Broadway-teaters sal sien.

Die geselskap sluit 22 van Curro Create se sterre in – dit is jong kunstenaars wat gekies is uit 360 landwye oudisies by Curro-skole wie se talent jou sal verstom. Vyf van Suid-Afrika se gunstelingsangers is gevra om by die rolverdeling aan te sluit om hierdie jong teaterkunstenaars te mentor.

Timothy Moloi se wêredklasstem is voor ’n wêreldwye gehoor aangehoor tydens die opening van die FIFA Wêreldbeker in 2010. Hy het al vir Nelson Mandela en Oprah Winfrey gesing en het al saam met elke groot simfonieorkes in die land gewerk.

Curro Create

Corlea Botha se stem verstom en verbaas altyd. Sy is ’n veelsydige sangeres wat werklik enigiets kan sing, van pop tot klassiek tot country. Sy reis deur die land en het al onder groot toejuiging in New York gesing.

Curro Create

Lynelle Kenned is ’n veelsydige kreatiewe persoon: ’n ongelooflike sangeres wat net so tuis is op die musiekteaterverhoog, die dramaverhoog en as seremoniemeester of televisieaanbieder. Haar uitbeelding van Maria in West Side Story steek steeds vas vanweë die emosionele egtheid daarvan en haar ongelooflike stem.

Curro Create

Alhoewel die publiek Germandt Geldenhuys leer ken het as Louis Koster in Binnelanders, is sy hoendervelmooi stem die eerste keer tentoongestel in die internasionale trefferfliek Kanarie. Hy het al in baie musiekblyspele gespeel, van Sister Act tot Sweeney Todd en onlangs ook in Janice Honeyman se pantomime Jack and the Beanstalk.

Curro Create

André Terblanché is ’n akteur, musikant en sanger wie se hartstogwekkende stem al vergelyk is met dié van Josh Groban. Hy is ewe tuis in pop, jazz, swing en musiekblyspele en het al onder andere gespeel in Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat. Hy het pas teruggekeer van Israel waar hy die titelrol in die musiekblyspel Daniel gespeel het.

Curro Create

Voeg hierby die verstommende talent van die 22 Curro Create-sterre en From Broadway to Bird Street/Van Broadway na Birdstraat beloof om ’n onvergeetlike ervaring te wees.

Die produksie open by die Toyota US Woordfees en daar is slegs drie vertonings:

Saterdag, 7 Maart om 16:00 en 20:00 en dan Sondag, 8 Maart om 11:00.

Bespreek nou by Computicket.

ERKENNINGS

Samestelling en regie: Hennie van Greunen en Pedro Kruger

Musikale regisseur: Melissa van der Spuy

Choreografie: Trudy Fredericks en Lee Piedt

Kostuums: Rouvé Hattingh

Grimering en hare: Mari Conradie

Tegniese bestuurder en beligtingsontwerp: Kobus Rossouw

Klank: Marcel Bezuidenhout

Verhoogbestuurder: Namhla Kalipa


Meer oor:  Promosie  |  Woordfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.