Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Dateer jou inligting by die GEPF op en vermy onopgeëiste pensioen-voordele
GEPF

Weet jy van enige staatsamptenaar wat nie sy of haar GEPF-pensioen opgeëis het nie? Is jy ’n afhanklike van ’n afgestorwene wat vir die regering gewerk het en bydraes tot die GEPF gelewer het wie se GEPF-pensioen nié opgeëis is nie? Is jy ’n voormalige regeringswerknemer en het jy nog nie jou GEPF-pensioen opgeëis nie?

Die GEPF wil met jou kontak maak!

Die Regeringswerknemerspensioenfonds (GEPF) sien ’n toename in die aantal onopgeëiste voordele omdat hulle nie voormalige GEPF-lede of hul begunstigdes kan opspoor nie. Dié mense het die fonds verlaat sonder om hul voordele op te eis. Die voordele word nie opgeëis nie, omdat daar nie voldoende inligting is oor waarheen die geld oorbetaal moet word nie én omdat lede onopspoorbaar is.

As ’n verantwoordelike pensioenfonds wat omgee, bly die GEPF daartoe verbind om te verseker dat sy voormalige lede en hul begunstigdes kry wat hulle toekom wanneer die onafwendbare tyd vir hulle aanbreek om die diens te verlaat.

Dit is daarom vir die fonds ’n oorweldigende bekommernis as voormalige lede en hul begunstigdes nie eise indien om toegang tot hul swaarverdiende geld te kry nie.

* KLIK EN KYK OF JOU NAAM OP DIE LYS IS!

Om toegang te kry tot onbetaalde/onopgeëiste voordele:

As die aansoeker ’n lid of eggenoot/eggenote is, word die volgende dokumente vereis:

  • ’n Voltooide vorm met bankdetails (Z894);
  • ’n Gesertifiseerde afdruk van die aansoeker se ID; en
  • Opgedateerde persoonlike details.

As die aansoeker ’n begunstigde is, is die volgende dokumente nodig:

  • Die lid se doodsertifikaat;
  • ’n Gesertifiseerde afskrif van die begunstigde se ID;
  • ’n Voltooide vorm met bankdetails (Z894);
  • ’n Brief van die voog(de) indien die begunstigde minderjarig is; en
  • ’n Gesertifiseerde afskrif van die voog(de) se ID.

Indien die aansoeker ’n afgestorwe boedel is, word die volgende dokumente benodig:

  • Die aanstellingsbrief van die landdros- of hooggereghof;
  • ’n Doodsertifikaat van die lid of begunstigde;
  • ’n Gesertifiseerde afskrif van die bestorwe lid se ID én die ID van die eksekuteur(s) van die boedel; en
  • ’n Voltooide vorm met bankdetails (Z894) van die oorledene se boedelrekening.

Help ons deur vandag nog jou details by te werk en herinner jou kollegas en vriende om dit ook te doen. Die opdatering van inligting (nuwe adres, telefoonnommer, begunstigdes en bykomende gesinslede) kan deur die werknemer se Menslike Hulpbronafdeling gedoen word of deur jou naaste GEPF-kantoor te besoek.

Hierdie dienste is gratis en jy hoef niemand te betaal om jou inligting na te gaan of by te werk nie.

 

Meer oor:  Promosie  |  Gepf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.