Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Pandemie het impak op aftree-spaargeld gehad
Liberty
Oupa en ouma by die see.
Die sleutelmarkgebeure van 2020 het ’n negatiewe impak gehad op twee faktore wat mense se vermoë om gerieflik af te tree, beïnvloed. Foto: Unsplash

Die onbestendigheid in finansiële markte weens Covid-19, tesame met ander groot gebeure rondom die pandemie, het in ’n sekere mate ’n invloed op aftree-spaargeld gehad. Die invloed op die meeste aftreefondse was egter nie so straf as wat in 2020 deur aandeelmarkte ervaar is nie, aangesien baie aftredebeleggingstrategieë uit ’n gediversifiseerde verskeidenheid bateklasse bestaan, en nie slegs aandele nie.

Dit is duidelik te sien in Liberty se Core-portefeuljes, wat deurlopend beter as soortgelyke portefeuljes gevaar het danksy die manier waarop dit gestruktureer en bestuur word. Gedurende die 2020-kalenderjaar het Liberty Core-portefeuljes ’n opbrengs van tussen 9,6% en 12,9% (voor fooie) getoon. Dit beteken dat lede wat deur die jaar hul beleggings in hierdie portefeuljes gehou het, ’n toename ver bo die inflasiekoers in hul opgehoopte aftree-spaargeld sou ervaar.

Die sleutelmarkgebeure van 2020 het ’n negatiewe invloed gehad op twee faktore wat mense se vermoë om gerieflik af te tree, beïnvloed.

  • Korttermynprestasie van beleggingsportefeuljes: Die korttermynprestasie van Liberty Core-portefeuljes was laer as wat verwag is. Dit is egter belangrik om daarop te let dat die portefeuljes se doelwit ’n langtermynbeleggingsopbrengs is, en dat onbestendigheid oor kort tydperke te wagte is.
  • Vlak van aftrede-bydraes gespaar: Die gemiddelde waarde van aftrede-bydraes het gedaal, heel waarskynlik omdat lede dit nie kon bekostig nie. Die uiteinde hiervan was tydelik verminderde of gestaakte bydraes om finansiële druk weens inperkingsregulasies te verlig.

Die uitwerking van hierdie twee faktore het gemiddelde geprojekteerde opgehoopte aftree-besparings tot gevolg gehad, en daarom het geprojekteerde aftree-inkomste gedaal. Dit beteken dat lede kon verwag om ’n kleiner inkomste vir aftrede te hê, en dus nie gerieflik sou kon aftree nie.

Liberty Core-portefeuljes onderskryf die doelwit-gebaseerde aftree-strategie wat aangewend kan word om lede se aftree-inkomste te verbeter. Dit word gedoen deur gebruik te maak van ’n doelwit-gebaseerde raamwerk wat help om aftree-inkomstedoelwitte volgens elke lid se beleggingsbehoeftes te spesifiseer. Indien lede die aanbevelings van hierdie raamwerk volg, sal hulle hul geprojekteerde aftree-inkomste kan verhoog en in gemak kan aftree. Die doelwit-gebaseerde aftree-strategie, met die hulp van die doelwit-gebaseerde raamwerk en Liberty Core-portefeuljes, kan deur lede aangewend word om die negatiewe uitwerking van die Covid-19-pandemie en ander markgebeure op hul aftree-spaargeld om te keer en hul kanse te verbeter om sorgvry af te tree.

Die afgelope 12 maande was vir baie mense ’n moeilike jaar, en ons verstaan dat ons ongekende tye beleef. Ons is trots op al die beleggers wat in hierdie tydperk vasgebyt het en vir wie ons verder kan bystaan op hul reis om hul aftree-doelwitte te verwesenlik.

Hierdie inskrywing en inhoud word geborg, geskryf en verskaf deur Liberty.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.