Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Die meisie in die holderstebolder wêreld
’n Skugter tiener oorkom haar vrees vir die dodelike vloek wat oor haar familie hang in die Afrikaanse grootword-rolprent Meerkat Maantuig.

Die meeste kinders is bang vir monsters: die vreesaanjaende soort wat onder die bed of in die kas wegkruip. Maar Gideonette de la Rey (Anchen du Plessis) het ’n ander vrees: sy is bang vir die dood. Gideonette is een van die hoofkarakters in die rolprent Meerkat Maantuig wat in 2017 uitgereik is en nou op Showmax beskikbaar is. Gideonette is eintlik méér as net bang vir die dood. Sy vrees sy kan die volgende slagoffer wees van die De la Rey-vloek, wat veroorsaak dat almal met die naam Gideon ‘n vroeë dood sterf.

“Hoewel haar naam Gideonette is, kan sy steeds nie van die gevoel ontslae raak dat die dood haar gaan kom kry nie,” verduidelik die skrywer en regisseur Hanneke Schutte. Wanneer die tiener se dominee-pa, Gideon, (Drikus Volschenk) skielik sterf – nes sy pa 30 jaar voor hom – word Gideonette se geloof in die vloek so sterk dat sy haarself aan die wêreld onttrek en in haar eie wêreld van nagmerries en moeilikheid begin leef . . . ’n wêreld wat selfs Alice in Wonderland mak laat lyk.

Haar ma, Mathilda, (Hanlé Barnard) is nie van veel hulp nie, aangesien sy óók in die vloek glo. Sy besluit die beste manier Gideonette om die vloek vry te spring, is om by haar Ouma Koekie (Rika Sennett) en Oupa Willem (Pierre van Pletzen) in ‘n bos te gaan bly. Dis hier waar Gideonette die dierbare klein dowe seuntjie Bhubesi (Themba Ntuli) ontmoet, wat ’n ruimtevaarder wil word en die ruimte invaar in sy Meerkat Maantuig.

Die tragiese waarheid, waarvan Gideonette nie bewus is nie, is dat haar nuwe vriendjie op die rand van die dood staan. Hy het ‘n dodelike breingewas en geen operasie kan hom red nie. In die tyd wat hulle saam deurbring help Bhubesi se verbeelding vir Gideonette om die lig te sien, en saam droom hulle daarvan om in die Meerkat Maantuig om die aarde te vlieg.

Wendings en draaie

Die rolprent spreek donker temas aan soos die dood, depressie, vrees en geestesgesondheid. Schutte het inspirasie gevind om dié onderwerpe op die vlak van ‘n kind aan te pak na sy Riana Scheepers se Blinde Sambok gelees het. Dié boek het in 2003 verskyn.

“Dit het vir my ’n vae buitelyn gegee waarbinne ek my eie storie kon skilder vir Meerkat Maantuig. Ek het die kern van die boek geneem  – ’n jong meisie wat in vrees vir die familie-vloek leef  – en dit toe aangepas om ’n donker sprokie te skep waar daar tog hoop is aan die einde van die storie,” verduidelik Schutte.

Een van die belangrike toevoegings wat Schutte tot die verhaal gemaak het was die maantuig, wat volgens haar “self ’n karakter in die rolprent word”.

“Die maantuig help Gideonette om haar vrese te oorkom. Die maantuig het ’n soort toorkrag en dit verteenwoordig vryheid. Die soort vryheid wat jy ervaar wanneer jy uiteindelik die moed vind om jou vrese in die gesig te staar.”

Die fliek daag jou nie net uit om te erken waarvoor jy bang is nie, maar kyk ook na die stories wat ons vir onsself vertel om met ons vrese saam te leef. Die boodskap word opgesom in Oupa Willem se woorde: “As jy gaan wegkruip vir jou vrese gaan jy ’n baie klein en vervelige lewe lei.” 

Ware vrees

Schutte het haar eie kindertyd-vrese gaan opdiep vir die draaiboek. “Ek was ’n bang kind en dit het my jare geneem om genoeg moed bymekaar te skraap om in my eie kamer te slaap!”As kind het sy ’n lewendige verbeelding gehad en haar kinderdae was vol dierasies en kleurvolle monsters.

“Om die waarheid te sê is ek steeds ’n bietjie skaam en bang, en daarom was dit vir my belangrik om ’n storie te skep wat daardie vrese konfronteer. Ek het die storie geskryf as ’n les vir myself, om my te help om my eie vrese te oorkom.”

Magiese Magoebaskloof

Meerkat Maantuig is in die Magoebaskloof-woud in Limpopo verfilm.“Net soos die maantuig het die woude van die Magoebaskloof ook ’n karakter in die rolprent geword. Die woud het nie net ’n spokerige, sprokiesagtergrond geskep nie, maar dit was ook ’n plek waar Gideonette kon leer om haar verbeelding te gebruik en om weer te leer speel,” verduidelik Schutte. Die verfilming was egter nie maklik nie – daar was spinnekoppe, slange, muskiete en bosluise en dit het op meeste dae gereën.

Dis ’n wenner!

“Die rolprent is werklik magies en inspirerend, en ek hoop dat die boodskap met oud en jonk sal resoneer,” sê Schutte. Meerkat Maantuig is só goed deur gehore ontvang, dat dit die volgende toekennings ingepalm het:

  • Beste Kinematografie by die Silwerskermfees (2017)
  • Beste Vroue-rolprent by die Calcutta International Cult Film Festival (2017)
  • Kindertoekenning by die Filem’on: International Children’s Film Festival Brussels (2018)
  • Beste Vollengterolprent en die Jurie-prys by die International Film Festival for Children and Young Audience Schlingel (2018)
  • Uitstaande Prestasie in Film – Vollengte Rolprent by die Newport Beach Film Festival (2018)
  • Beste Kinematografie – Vollengte rolprent by die South African Film and Television Awards (2018)

Hoe kry jy Showmax

Kry ’n voorsmakie van al die Showmax-aksie met ’n twee-weke gratis proeflopie.  Daarna kos dit slegs R99 per maand om duisende reekse, rolprente en dokkies te geniet.  

As jy ’n DStv Premium-intekenaar is, sal Showmax jou nie ’n enkele sent kos nie. Gaan eenvoudig na  www.showmax.com/dstv om in te teken en geniet volledige toegang tot Showmax teen geen ekstra koste nie. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier