Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Die oorwinnaar: Lees die boek voor jy die fliek kyk
Die oorwinnaar
’n Onwaarskynlike atleet, ’n teësinnige afrigter en die belangrikste wedloop van die jaar lei tot ’n wonderlike oomblik van selfontdekking in die roman

Die oorwinnaar, gebaseer op die fliek Overcomer deur Alex en Stephen Kendrick, bekroonde skeppers van flieks soos Fireproof, Courageous, Facing the Giants en die lokkettreffer War Room

Basketbal-afrigter John Harrison se lewe verander oornag wanneer die grootste aanleg in die omgewing onverwags sluit. Honderde gesinne verlaat die dorp en sy droom van ’n basketbal-kampioenskap spat aan skerwe. Wanneer die skoolhoof hom boonop vra om landloop af te rig, ’n sport wat hy nie ken of eens van hou nie, voel John gefrustreerd en begin sy doel en waarde bevraagteken.

Dan leer ken hy ’n jong leerder wat met haar eie lewenskwessies worstel. ’n Toevallige ontmoeting verander John se hele lewe. Geïnspireer deur die woorde en gebede van hierdie nuwe vriend, word John die onwaarskynlikste afrigter vir die onwaarskynlikste atleet wat die onmoontlike wil probeer in die belangrikste landloop-wedloop van die jaar.

Hierdie roman, geskryf deur Chris Fabry, kombineer geloof, ’n bietjie humor en tonne passie en laat jou met die een vraag: Wat laat jy toe om jou identiteit te bepaal?

 Chris Fabry is ’n bekroonde skrywer en radiopersoonlikheid. Chris se romans, wat Dogwood, June Bug, Almost Heaven en The Promise of Jesse Woods insluit het vyf Christy-toekennings, ’n ECPA Christian Book Award gewen, asook twee merietetoekennings van Christianity Today. Sy tagtigste gepubliseerde boek, Under a Cloudless Sky, is ’n roman wat in die steenkoolmyne van sy tuisstaat Wes-Virginië afspeel.

Sy boeke sluit rolprente in wat as romans verwerk is, soos die topverkoper War Room (in Afrikaans beskikbaar as Die oorlogskamer); niefiksie; en romans vir kinders en jong volwassenes.

 Die oorwinnaar is tans beskikbaar by CUM Boeke en ander toonaangewende boekwinkels.  Lees gerus eers die boek en gaan geniet dan die fliek saam met jou gesin. Die roman openbaar bietjie meer oor die karakters en sluit insiggewende besprekingsvrae in, asook foto’s uit die fliek.

Die rolprent Overcomer waarop hierdie boek gebaseer is, open in Suid-Afrika by verskeie teaters op Vrydag 30 Augustus.

Meer oor:  Promosie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.