Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Die taaiste vroue op TV
Sommiges probeer om hul eie sondes te verdoesel en ander soek geregtigheid vir die sondes van ander. In Junie gaan dié invloedryke vroue nuwe lewe blaas in jou kyktyd met dié fantastiese reekse op Showmax.

Die Monterey-vyf (plus een), Big Little Lies

Die Monterey-vyf (Reese Witherspoon, Nicole Kidman, Zoe Kravitz, Laura Dern en Shailene Woodley) het op Maandag 10 Junie na Showmax teruggekeer vir die tweede seisoen van Big Little Lies, ’n Emmy-bekroonde reeks vol geheime.

In die tweede seisoen lyk dit of hulle dalk nié met moord gaan wegkom nie, want ’n onwrikbare en bedroefde ma verskyn op die toneel op soek na die waarheid. Meryl Streep sluit in seisoen twee aan by Big Little Lies as Mary Louise Wright, Celeste se skoonma. Sy soek antwoorde na die dood van haar seun, Perry Wright. Onthou jy hom? Die aantreklike, dominerende en besitlike karakter is perfek uitgebeeld deur Alexander Skarsgard.

Streep is al vir meer Oscars benoem as enige ander akteur in die geskiedenis. Sy het 21 benoemings agter die rug en drie Oscars op haar kaggelrak. Die vervaardigers van Big Little Lies het omtrent ’n slag geslaan om haar in ’n TV-reeks te kry. Sy is wel in goeie geselskap: Nicole Kidman en Reese Witherspoon het albei al ’n Oscar gewen vir beste aktrise, onderskeidelik vir The Hours en Walk the Line. Die res van die hoofrolspelers, met die uitsondering van Zoe Kravitz, is ook al almal benoem vir Golden Globes en Emmy-toekennings.   

Big Little Lies S2 het dalk nie al die kinkels van ’n raaiselagtige moord soos in die eerste seisoen nie, maar Celeste en haar span het genoeg geheime en leuens om almal om hulle saam die afgrond in te trek. En hoe wonderlik om ’n aktrise soos Streep te hê om te help om daardie geheime op te diep!

 

 

Elisabeth Moss, The Handmaid’s Tale

The Handmaid’s Tale is so donker soos ’n drama kan wees wat handel oor patriargale onderdrukking – wreed en traumaties met oomblikke van vlietende hoop. Elisabeth Moss, wat die rol vertolk van June Osborne/Offred, verklap egter dat sake gaan verander in seisoen drie en dat dit tog moontlik is om te ontsnap.

As jy een van die kykers was wat gefrons het omdat June ’n kans om te ontsnap in die laaste episode van die tweede seisoen deur haar vingers laat glip het, troos jou daaraan dat die weerstand besig is om op te bou teen die regering van Gilead.

The Handmaid’s Tail S3, episode 1 en 2 het eerste op Showmax gewys op Maandag 10 Junie, met nuwe episodes wat elke Maandag daarna vertoon word.


 

Kristin Kreuk, Burden of Truth

Kristin Kreuk is lankal nie meer Clark Kent se meisie nie en sy het Smallville afgeskud. Sy het ontpop as ’n sterk, onafhanklike prokureur, vasberade om reg en geregtigheid te laat geskied. Kreuk vertolk die rol van Joanna Hanley, wat as prokureur in ’n groot stad sukses behaal het. Sy keer terug na haar tuisdorp om ’n farmaseutiese maatskappy in ’n hofsaak te verteenwoordig. Iewers langs die pad ontwikkel sy ’n gewete en besluit dan om eerder die slagoffers te verteenwoordig. Terwyl sy die waarheid ontbloot, word sy ook gekonfronteer met familiegeheime.

Sommige kritici vergelyk Burden of Truth met Sharp Objects, nog ’n Showmax-juweeltjie, waarin Amy Adams te sien is. Burden of Thruth, S1 en 2 is eerste op Showmax te sien.


 Issa Rae, Insecure

Issa Rae se besige program beteken dat aanhangers tot 2020 moet wag vir die vierde seisoen van Insecure, maar ons kan solank die derde seisoen geniet, wat nou op Showmax wys.  In die tweede seisoen was die hooffokus die morsige beëindiging van Issa en Lawrence se verhouding … en die geflankeerdery tussendeur. In die derde seisoen spring Issa en haar beste vriendin, Molly, vars weg: geen Lawrence en geen Daniel nie.

 Issa trek in ’n nuwe woonstel in. Sy kry selfs ’n ekstra inkomste as ’n Lyft-bestuurder en ontmoet ook so ’n nuwe liefde. Sy het nog ’n paar probleme om uit te stryk, maar sonder ingewikkelde verhoudings is Issa se lewe stiller en dalk selfs dieper. Insecure 3 is (amper) perfek, maar die een ding wat ons nie gaan vergewe nie, is dat hulle nuwe lewe geblaas het in #LawrenceHive, daardie toksiese aanlyngemeenskap wat Issa se ambisielose eks op sosiale media ondersteun.


 

Hoe om Showmax te kry

As jy nog nie ingeteken het nie, kan jy aanteken vir ’n gratis proeftyd van 14 dae. Daarna betaal jy slegs R99 per maand vir toegang tot ’n wavrag plaaslike en internasionale reekse, rolprente en dokumentêre programme.  As jy ’n DStv Premium-intekenaar is, is Showmax ingesluit in jou intekening. Besoek die webwerf om aan te teken. 

DStv Compact- en Compact Plus-intekenare kan Showmax by hul intekening voeg vir net R49 per maand.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier