Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Dís wat dit behels om oorsee te studeer
Doen deeglik navorsing voordat jy besluit om oorsee te gaan studeer. ’n Sportbeurs kan die proses makliker maak, en jy kan dinge bespoedig deur van ’n agentskap gebruik te maak. Foto: ISTOCK

Oorsese universiteite voldoen aan ander vereistes, leerkurrikulums en -programme as waaraan Suid-Afrikaanse leerlinge gewoond is, maar bied tog goeie keuses om te oorweeg indien jy uitstekende kwalifikasies wil hê.

Daar is soveel universiteite waar jy aansoek kan doen, maar dit kan ’n uitdagende proses wees om ’n leerling te help kies volgens sy of haar behoeftes.

Om die internet te fynkam kan verwarrend wees in jou soektog na die regte instansie.

Daar is ’n paar belangrike vrae wat jy jouself moet vra en van kennis neem, veral as jy van ’n agentskap gebruik wil maak:

  • Is daar ’n fooi vir die aanvanklike konsultasie?
  • Wat behels die agent se fooie en wat presies word gedek?
  • Watter dienste word aangebied?
  • Met watter universiteite is die agent verbind en waar het hulle al studente geplaas?

Wanneer jy oorweeg om oorsee te studeer, onthou om jou tyd te neem en nie oorhaastig te kies nie. Dit is ’n langtermynbesluit wat ’n groot rol in jou toekoms gaan speel, asook vir die tydperk wat jy gaan verhuis om jou studies in ’n vreemde land voort te sit.

’n Leerling kan ook die lewe vir hom- of haarself makliker maak deur bestaande sport-, kuns- of akademiese talent te gebruik om te help met studiefinansiering.

  • BRON: Sable International.


GEBORG

Global Education

Global Education

Wou jy al ooit oorsee studeer? Wil jy ’n internasionale graad verwerf? Nie seker hoe en wat om te studeer nie? Moenie bekommerd wees nie, Global Education is Suid-Afrika en Zimbabwe se kenners in oorsese studies. Vir meer as 14 jaar is Global Education die “tuiste” van oorsese universiteitsaansoeke en help studente wat self befonds word, deur die hele aansoekproses. Hul dienste sluit direkte toegang tot honderde universiteitsvennote in, en verskaf al die nodige inligting en dokumentasie om die sukses van jou aansoek te verseker. Global Education se dienste sluit in: aansoekdienste en raad, studentevisums, kampusverblyf, immigrasie-ondersteuning asook voorafvertrek- en aankomsdienste. Klik op hul verskeie sosialemedia-platforms, Facebook, Twitter, Instagram, Linkedin en Youtube vir meer inligting.

International Education Link

International Education Link, beter bekend as Edulink, is ’n goed gevestigde en professionele internasionale raadgewende maatskappy vir tersiêre studente. Studente word vir bykans twee dekades al gehelp om die heel beste beskikbare internasionale studiegeleenthede te bekom. Die student kom eerste en word die grootste verskeidenheid keuses van lande wêreldwyd gebied – universiteite, mediese en veeartsenykundige instansies, hotel- en sakeskole asook bekostigbare alternatiewe. Neem alles in ag wanneer jy in die buiteland wil studeer – studenteveiligheid, geen verlies aan akademiese tyd nie, voldoening aan Covid-19-maatreëls, internasionaal geakkrediteerde grade en soveel meer! Skakel 011 442 9101 vir meer inligting.

Sport Scholarship USA

Brandon Chapman (18), ’n topswemmer van die Oos-Kaap, gaan sy drome verwesenlik deur met ’n sportbeurs in Amerika te studeer. Hy swem al van kleins af en is ’n lid van die PEA-swemklub. Hy het by Grey College skoolgegaan en wou baie graag sy swem- en studieloopbaan in Amerika voortsit. Sy ouers het gesukkel om hom op oorsese universiteite se radar te kry tot sy paaie met Geoff Crewe-Brown van Next College Student Athlete (NCSA) gekruis het. Geoff het binne weke vir Brandon gesprekke met verskeie puik universiteite gereël en het het uiteindelik ’n uitstekende beurs van die Universiteit van Denver ontvang.

Die voordele van ’n internasionale graad is vanselfsprekend en ’n sportbeurs maak dit bekostigbaar vir die meeste gesinne. Die NSCA bied ’n 25%-afslag op alle nuwe inskrywings tot einde Augustus. As jy sportief is, is dit dus nou die tyd om Amerika te oorweeg. Bel of WhatsApp vir Geoff Crewe-Brown by 082 873 3000 vir meer inligting.

Meer oor:  Studeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.