Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Nuut op eExtra: 'Stiletto Vendetta'
etv

Stiletto Vendetta
'Stiletto Vendetta' is nog ’n trefferreeks deur regisseur Ay Yapim.
Supplied

Reeks-oorsig

Vier beeldskone, suksesvolle vroue – kindervriende wie se paaie as volwassenes weer kruis – het ou wrokke om uit die weg te ruim soos nuwe vyandigheid opvlam. As tieners het Arzu, Merve en Pelin hul oorpresterende beste vriendin, Oya, ’n wrede poets gebak. Dit het haar platgeslaan en die skaamte was so groot dat sy selfdood wou toepas. Deur die jare het die drie hegte vriende gebly, maar nie weer ’n woord van Oya gehoor nie. Hulle wou dit nie waag om na haar uit te reik nie, uit vrees dat hulle haar gedryf het om haar eie lewe te neem. Wanneer die noodlot die vier herenig, is Oya vasbeslote om die vertroue te wen van die vroue wat amper haar lewe verwoes het en oplaas wraak te neem.

Stiletto Vendetta is nog ’n trefferreeks deur regisseur Ay Yapim. Dit is sedert 2017 ’n reuse-sukses in Turkye en daar is reeds ’n tweede seisoen.

Stiletto Vendetta.

Lang beskrywing

By ’n tuinpartytjie vloei die sjampanje terwyl die rykes en beeldskones saamkloek. Skielik slaan iemand morsdood op die grond neer. 

Soos wat hoofinspekteur Kemal en sy assistent die moord ondersoek, kom hulle agter dat niks in hierdie rykmansbuurt is soos wat die inwoners probeer voorgee nie. Sukses, rykdom en voorreg word stadig maar seker weggekalwe deur geheime, mededinging, verraad en selfs moord.

Merve, Pelin, Arzu en Oya was beste vriendinne op skool, tot die dag dat die drie vir Oya in die verleentheid gestel het. Tydens ’n uitstappie gaps hulle hul vriendin se klere nadat hulle gaan swem, en laat dit lyk asof sy en hul onderwyser, Edip, intiem verkeer. Albei ontken dit natuurlik, maar niemand glo hulle nie. Edip word afgedank en Oya word uit die skool geskop. Oya verdwyn, en die ander drie meisies word groot sonder om ooit te dink aan die nagevolge van hul wrede speletjie. Hul vriendin, in die skande gedompel deur mense wat sy vertrou het, oorleef ’n mislukte selfdoodpoging wat haar erg beseer en onvrugbaar laat.

Baie jare later is Oya ’n suksesvolle ginekoloog. Sy is steeds vriende met Edip, wat haar beskermer geword het. Wanneer sy hoor dat haar voormalige skoolhoof oorlede is, noop nuuskierigheid Oya om die begrafnis by te woon, waar sy onverwags met haar ou skoolvriende herenig word. Die drie vroue is almal getroud en het kinders.

Dit wil voorkom asof hulle weelderige, gelukkige lewens lei, maar Oya vind gou uit dat dieselfde ou onsekerhede en afguns van hul hoërskooldae steeds agter die glimlagte en blink uitrustings versteek lê.

Oya trek terug na haar ou woonbuurt. Vinnig veroorsaak haar teenwoordigheid probleme tussen Merve, Pelin en Arzu. Die rangorde wat sedert hul hoërskooldae geld, word versteur. Soos wat die spanning tussen Oya, Merve en Pelin ’n hoogtepunt bereik, ontplof selfs die gewoonlik bedaarde Arzu wanneer sy uitvind haar twee beste vriendinne het haar mislei oor haar man se buite-egtelike “aktiwiteite”. Die voormalige vriende is nou vier vyande, elkeen met haar eie ongeregtighede om te vergeld, wat ons tot by die dag van die moord bring . . . Maar wie is die skuldige?

Hierdie inskrywing en inhoud word geborg, geskryf en verskaf deur eTV.

Meer oor:  Etv  |  Ay Yapim  |  Reeks-Oorsig  |  Stiletto Vendetta
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.