Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Ekspat-belasting: Als wat jy moet weet

Op die oomblik betaal Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk, nie in Suid-Afrika inkomstebelasting op die geld wat hulle daar verdien nie, mits hulle langer as 183 oorsee werk, waarvan 60 dae aaneenlopend moet wees. Dit verander op 1 Maart 2020.

rand, geld, ekonomie
As jy geld in die buiteland verdien, moet jy die nuwe belastingreëls in ag neem - dit tree op 1 Maart 2020 in werking.

Die tesourie het reeds in die begrotingsoorsig van 2019 voorgestel dat dié belastingvrystelling ondersoek word en sedertdien het “ekspat-belasting” Suid-Afrikaners hier en oorsee verontwaardig daaroor. Hoewel die voorgestelde wysiging ’n groot invloed op sommige mense gaan hê, is daar darem ’n paar ligpunte ook.

Hier is enkele dinge om te oorweeg met betrekking tot die ekspat-belasting:

  

1. Die veranderinge het nog nie in werking getree nie

Die eerste stukkie goeie nuus is dat die belasting nog nie effektief is nie – dit sal eers op 1 Maart 2020 in werking gestel word, volgens die tesourie. Die veranderinge aan die belastingvrystelling vir buitelandse werk is vir die volgende belastingjaar voorgestel.

  

2. Die ekspat-belasting val onder die Wet op Inkomstebelasting

Die ekspat-belasting gaan ingevolge ’n wysiging aan die Inkomstebelastingwet van 1962 aangeslaan word. Dit beteken enige byvoordele wat jou maatskappy aan jou verskaf, gaan ook in ag geneem word – soos verblyf en ’n maatskappymotor – wanneer jou belastingaanspreeklikheid bereken word.

  

3. Jy is vrygestel van ekspat-belasting as jou jaarlikse inkomste minder as R1 miljoen is

Dit kan verligting bring vir baie jong mense wat oorsee werk dat hulle nie plaaslik belas sal word as hulle in die buiteland minder as R1 miljoen per jaar verdien nie.

  

4. Jy sal nie dubbeld belas word nie

Die doelwit van dubbelbelastingooreenkomste, wat tussen lande aangegaan word, is om te keer dat iemand twee keer op dieselfde inkomste belas word. Dis goeie nuus, selfs al verdien jy oorsee meer as R1 miljoen per jaar. Dit beteken jy sal nooit meer as die maksimum belastingkoers in Suid-Afrika – 45% – belas word nie. Dié koers geld mense wat meer as R1,5 miljoen per jaar verdien.

Jy sal nooit meer as die maksimum belastingkoers in Suid-Afrika – 45% – belas word nie. Dié koers geld mense wat meer as R1,5 miljoen per jaar verdien.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) mag jou inkomste slegs belas indien die belastingkoers wat jy in Suid-Afrika sou betaal het, meer is as die belasting wat jy reeds oorsee betaal. Byvoorbeeld, as jou effektiewe belastingkoers in Suid-Afrika 45% sou gewees het, en jy oorsee 25% se inkomstebelasting betaal, mag die SAID nog 20% van jou inkomste belas. Jou totale effektiewe inkomstekoers bly dan 45%.

  

5. Finansiële emigrasie is ’n opsie – teen ’n prys

As die ekspat-belasting steeds ’n te bitter pil vir jou is, het jy die opsie van finansiële emigrasie – mits jy nie meer in Suid-Afrika wil woon nie. Finansiële emigrasie vereis dat jy ’n formele aansoek daarvoor indien by sowel die SAID as die Reserwebank waarin jy die instansies inlig dat jy van plan is om formeel te emigreer.

Gavin Butchart, finansiële direkteur van Brenthurst Wealth Management, verduidelik as jou belastingverblyfstatus verander is na iemand wat nié in Suid-Afrika woon nie, sal jy nie meer in Suid-Afrika op jou buitelandse inkomste belas word nie.

“Jy sal waarskynlik wel aanspreeklik word vir kapitaalwinsbelasting op die dag waarop jy nie meer as ’n inwoner beskou word nie,” waarsku Buchart. “Die Inkomstebelastingwet vereis dat jy al jou bates (insluitend polisse, jou pensioenfonds en alle beleggings) verkoop – die enigste uitsondering is vaste eiendom.”

Jy mag dus ’n huis hier behou, maar mag nie permanent in Suid-Afrika aanhou woon as jy finansieel geëmigreer het nie.

Jy hoef egter nie jou burgerskap prys te gee as jy finansieel emigreer nie.

Dit is ’n opsie, maar of dit ’n goeie idee is, sal van persoon tot persoon verskil. Al die vereistes vir finansiële emigrasie moet in ag geneem word, sê Buchart.

Dis die moeite werd om die raad in te win van ’n gekwalifiseerde belastingpraktisyn met ervaring in die veld om die belastingkoste van emigrasie te bepaal.

  • Dié artikel is geborg deur Brenthurst Wealth Management, ’n finansiëledienstefirma wat onder meer beleggingsbestuur, boedel- en belastingbeplanning doen.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.